Kleindogter is Jnr Wereldkampioen Danser

Kleindogter is Jnr Wereldkampioen Danser

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tydens die Wêrelddanskompetisie in Porec, Kroasië (Croatia) in Oos-Europa is Dawie en Bettie Naudé van De Kelders se kleindogter, Simonè Duvenhage (14), as wenner in die junior kategorie vir haar dansuitbeelding van “Mary Poppins” in die musiekteaterdissipline aangewys.

“Dit was ‘n trotse oomblik vir ons by die aanhoor van haar uitsonderlike prestasie,” sê Dawie. Simonè en haar dansmaat, Nicole Geldenhuys (16) is altwee van Witbank in Mpumalanga en hulle het Suid-Afrika in die wêreldwye danskompetisie in Porec, Kroasië verteenwoordig, waar meer as 5,000 dansers hulle danstalent vertoon het. Die danskompetisie was baie straf met lande soos Rusland, Duitsland, Brittanje en andere. Daar was drie kategorieë, naamlik kinders, juniors en seniors, asook dansdissiplines vanaf ballet tot by hip-hop.

Die kampioenskappe het op 22 Mei 2015 begin en op 24 Mei geëindig. Nicole vertel dat dit ‘n emosiebelaaide oomblik was toe Simonè as die wenner in die junior kategorie aangewys is. Nicole is self van wêreldgehalte en is as die wenner in die senior kategorie vir haar kontemporêre dans, “The Words I never said” aangewys, terwyl sy ook ‘n tweede plek vir haar “Jazz Boots” en ‘n vierde plek vir haar “Amazing Grace” in die ope-afdeling ingepalm het.

Hierdie twee wêrelddanskampioene het gewys dat Suid-Afrika hoë dansstandaarde in die wêreld handhaaf en hulle het nie nodig om vir enige land se dansers terug te staan nie, wat beslis van Dawie en Bettie ‘n trotse oupa en ouma maak. Tydens die vorige Wêrelddanskompetisie in Pretoria, wat terselfdertyd as ‘n “opwarmingskompetisie” gedien het, het Simonè ook ‘n eerste plek in haar kategorie verwerf, natuurlik met Dawie en Bettie wat daardie kompetisie bygewoon het.

Dan het hulle kleinseun van Van Der Bijlpark, Julian Merrick (15), hulle nog verder trots gemaak met sy verwerwing van 1ste Dan in Taikwando Karate op ‘n baie jong ouderdom. Dawie en Bettie verhuis eersdaags na Winkelspruit in KwaZulu-Natal, ná ‘n verblyf van 16 jaar in De Kelders.

Hardus Botha

Kleindogter is Jnr Wereldkampioen Danser

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles