Promosie: Gesinstroeteldier-ekspo vir Mega Park

Promosie: Gesinstroeteldier-ekspo vir Mega Park

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Troeteldier liefhebbers, -telers en -eienaars kan nader staan Overberg toe vir Mega Park se eerste troeteldier-ekspo. Boonop word moderne tegnologie toegepas om van die land se mooiste troeteldiere by nuwe eienaars uit te kry, met ‘n binnenshuise, grootskerm-veiling.

Woensdag, 1 tot Saterdag 4 Julie is dit tyd vir MEGA PetEx, ‘n troetel – en plaasdier ekspo by Mega Park, Bredasdorp. ‘n Mooi verskeidenheid honde, asemrowende katte, miniatuurperdjies, Koivisse, ‘n reuse verskeidenheid konyne, papegaaie, van die mooiste skoupluimvee ter wêreld, die vreemdsoortige emus en nog talle ander diere sal weerbestand, alles binnenshuis ten toon gestel word.

‘n Hoogtepunt van die troeteldier ekspo is die Suid-Afrikaanse Skou Pluimvee Kampioenskap en grootskerm-veiling wat op Vrydag, 3 Julie by Mega PetEx gehou word. Volgens Albert Lingenfelder, Nasionale Voorsitter van SASPO is meer as 3000 pluimvee inskrywings reeds ontvang.

Hy is opgewonde daaroor dat die nasionale Kampioenskap skou tydens Mega PetEx gehou kan word. Albert is van mening dat die verantwoordelikheid om diere te versorg die nekslag kan wees vir toenemende misdaad, dwelms, en werkloosheid. “Troeteldiere bring verantwoordelikheid en pligsbesef mee.” Telers en skou-pluimvee eienaars wat graag rasegte hoenders wil koop kan dit doen tydens die heel eerste regstreekse kamera-skerm troeteldierveiling, na afloop van die skou pluimvee beoordeling. “Kopers moet net daar wees en elke voël sal op grootskerm na hulle toe gebring word vir koopbesluite.”

Ywerige tuiniers met troeteldiere, wat die beste troeteldiervriendelike en –bestaande tuinwenke wil kry moet nou reeds ‘n bespreking maak vir “Tuinmaak vir diereliefhebbers” aangebied deur Willie Schmidt, tuin-ghoeroe van kykNET se Pasella opSaterdag 4 Julie om 10:30 by lizelle@agrimega.co.za / 028 424 2890. Willie se kreatiwiteit en passie is ‘n natuurlike inspirasie. Hy boer ook self met skropperige skouhoenders.

Boerboel-liefhebbers en ander honde-eienaars mag nie die Wes-Kaap Boerboel Streekkampioenskap en - keuring misloop wat Saterdag, 4 Julie by Mega PetEx plaasvind nie! Boerboele is kenmerkend aan hul grootte en sal volgens ouderdom kategorieë beoordeel word.  

Inskrywings sluit Woensdag, 1 Julie en Boerboeltelers het dus nog geleentheid om hul rasegte Boerboele in te skryf.

Ouers en kinders kan kom uitvind  wie die wenners is van die beoordeling van ‘n troeteldierkompetisie vir plaaslike skoliere. Katte word volgens die tema ‘ A winter’s tail” aangetrek en daar is ook ‘n prys vir die hond wat die meeste na sy baas lyk!

Kinders kan op ‘n regte ossewa- en perdekarretjie ry en op ‘n ponie kom gallop. Vir die kleintjies is daar die interaktiewe plaaswerf met plaasdiere, waar  ma en pa ‘n ogie kan hou terwyl hulle piekniek met piekniekmandjies wat by die ekspo beskikbaarsal wees, sowel as die nuutste troeteldier bykomstighede.

Dit is heerlike vakansie vermaak vir die hele gesin met interaktiewe sessies, troeteldier rasbesprekings  en - bekendstellings sowel as vertonings. Kaartjies is by die toegangshek teen R40 per volwassene en R10 per kind. Vir meer inligting skakel Lizelle by 028 424 2890 of epos lizelle@agrimega.co.za en vir die volledige program besoek Mega PetEx se facebook blad by www.facebook.com/MegaPetex.

Saamgestel en uitgereik deur Mega Media MEDIANAVRAE:

Lynn-Ann du Preez by media@agrimega.co.za / 028 424 2890

Promosie: Gesinstroeteldier-ekspo vir Mega Park

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles