Abraham se Sparmotor

Abraham se Sparmotor

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 ‘n Trotse en dankbare Abraham Newman van White Shark Safaries het op Dinsdag, 23 Junie 2015 sy splinternuwe, bloedrooi “Sparmotor” in ontvangs geneem. Die motor wat deur Abraham gewen is, is ‘n Hyundai i10 Glides en is een van die 100 motors in ‘n landwye SPAR “Win-a-Car” kompetisie. Abraham, wat ook ‘n jarelange bekende gesig agter Gansbaai Toerisme se toonbank was, is nie bietjie trots nie.

“Twee weke voordat ek gehoor het dat ek die motor gewen het, het my werkgewer, Piet Smal gesê hy dink hy moet my help om ‘n motor te bekom, en toe voorsien die Here ‘n motor aan my,” het ‘n verheugde Abraham gesê. Barnerd en Eliza Europa, wat vir hom soos ouers is, was teenwoordig tydens die oorhandiging van die motor. Morkel van Niekerk, een van Gansbaai Superspar se eienaars, het gesorg vir glasies sjampanje om Abraham se groot oomblik te vier.

Nog Spar-motorwenners in die Overstrand was by Eastcliff Spar in Hermanus (eienaars: Van Niekerk-broers) - Jano Barnard van Bellville en by Gateway Superspar in Hermanus (eienaar Mike Almendro) - Anita van Zyl van Onrusrivier. Dan het die eienaars (Bern, Morkel en De Wet van Niekerk, Gerhard le Roux en Jan van Litzenburgh) van Gansbaai Superspar, Kleinmond Superspar, Eastcliff Spar en Bredasdorp Superspar addisioneel hul eie Hyundai i10 Glides aangekoop.

Dié motor is by Bredasdorp Superspar deur me Neethling van die plaas Tierkloof by Klipdale gewen. Dit blyk dus dat Overstrand beslis goed by die Spar-motorkompetisie gebaat het - drie van die landwye Sparmotors en een wat hier addisioneel aangekoop is.

 Hardus Botha

Abraham se Sparmotor

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles