Dis harde werk om 'n vriend te wees!

Dis harde werk om 'n vriend te wees!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.”   (Spr 27:17)

“Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.” (Joh 15:13)

“Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.” (Joh 15:15) 

Daar is min dinge in ons moderne lewe wat belangriker is as goeie vriende. Tegnologie soos die rekenaar, televisie en veral ons selfone het gemaak dat ons al hoe meer in ons eie wêreld onttrek. Ons dink ons kommunikeer as ons “Facebook” en “WhatsApp”, maar in werklikheid raak ons al hoe minder betrokke in ware vriendskapsverhoudings waar ons regtig iets van onsself gee vir ’n ander persoon. Weer eens het Jesus ons kom leer wat dit beteken om ’n ware Vriend te wees.

Aan Sy dissipels en ook weer aan jou en my, het Jesus ons gewys waarom Hy ook na hierdie wêreld gekom het. Hy het gekom om ’n verhouding met ons as mense te bou. Hy het jaloesie en vyandskap kom verwyder uit ons verhoudings. Veral het hy die afstand tussen ons en GOD kom verwyder sodat Hy ons Sy vriende kan noem! (Joh. 15:15) Eers wanneer ons geleer het om mekaar te dien en die minste te wees, kan ons ware vriende word. Let op dat die voorwaarde van vriendskap altyd aan jou kant lê. Jy moet bereid wees om te verstaan, om nader te beweeg en om iets van jouself te gee.

Wanneer ons enige verhouding staan, hetsy ’n huwelik, werksverhouding of in ons land met sy verskillende volke wat moet saamleef en werk, is dit baie belangrik om te weet dat geen vriendskap volmaak is nie, geen huwelik is volmaak en geen persoon is volmaak nie. Daarom kan jy nou al daarmee vrede maak dat ’n verhouding harde werk kos om dit te laat slaag. Skep in jou ’n gesindheid van liefde en verdraagsaamheid sodat jy altyd bereid sal wees om in moeilike omstandighede weer die mooi en die goeie in die ander persoon raak te sien.

Die hoofdoel van vriendskap (ja, veral die huwelik!) is om mekaar te ondersteun en mekaar se laste te help dra (Gal. 6:2). Aanvaar mekaar se minder goeie punte en komplimenteer mekaar se pogings om goed te doen. ‘n Klein seuntjie het eenkeer gesê: “ ‘n Ware vriend is iemand wat alles van jou weet – en nog altyd van jou hou!” As ons werklik kinders van GOD wil wees sal ons weer van vooraf moet leer om ware vriende vir mekaar te wees.

“Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken; jou broer is daar met die oog op jou nood.”   (Spr. 17:17) 

Wie se vriend is jy?

Dis harde werk om 'n vriend te wees!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles