Dis harde werk om 'n vriend te wees!

Dis harde werk om 'n vriend te wees!

Gansbaai Courant

 “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.”   (Spr 27:17)

“Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.” (Joh 15:13)

“Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.” (Joh 15:15) 

Daar is min dinge in ons moderne lewe wat belangriker is as goeie vriende. Tegnologie soos die rekenaar, televisie en veral ons selfone het gemaak dat ons al hoe meer in ons eie wêreld onttrek. Ons dink ons kommunikeer as ons “Facebook” en “WhatsApp”, maar in werklikheid raak ons al hoe minder betrokke in ware vriendskapsverhoudings waar ons regtig iets van onsself gee vir ’n ander persoon. Weer eens het Jesus ons kom leer wat dit beteken om ’n ware Vriend te wees.

Aan Sy dissipels en ook weer aan jou en my, het Jesus ons gewys waarom Hy ook na hierdie wêreld gekom het. Hy het gekom om ’n verhouding met ons as mense te bou. Hy het jaloesie en vyandskap kom verwyder uit ons verhoudings. Veral het hy die afstand tussen ons en GOD kom verwyder sodat Hy ons Sy vriende kan noem! (Joh. 15:15) Eers wanneer ons geleer het om mekaar te dien en die minste te wees, kan ons ware vriende word. Let op dat die voorwaarde van vriendskap altyd aan jou kant lê. Jy moet bereid wees om te verstaan, om nader te beweeg en om iets van jouself te gee.

Wanneer ons enige verhouding staan, hetsy ’n huwelik, werksverhouding of in ons land met sy verskillende volke wat moet saamleef en werk, is dit baie belangrik om te weet dat geen vriendskap volmaak is nie, geen huwelik is volmaak en geen persoon is volmaak nie. Daarom kan jy nou al daarmee vrede maak dat ’n verhouding harde werk kos om dit te laat slaag. Skep in jou ’n gesindheid van liefde en verdraagsaamheid sodat jy altyd bereid sal wees om in moeilike omstandighede weer die mooi en die goeie in die ander persoon raak te sien.

Die hoofdoel van vriendskap (ja, veral die huwelik!) is om mekaar te ondersteun en mekaar se laste te help dra (Gal. 6:2). Aanvaar mekaar se minder goeie punte en komplimenteer mekaar se pogings om goed te doen. ‘n Klein seuntjie het eenkeer gesê: “ ‘n Ware vriend is iemand wat alles van jou weet – en nog altyd van jou hou!” As ons werklik kinders van GOD wil wees sal ons weer van vooraf moet leer om ware vriende vir mekaar te wees.

“Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken; jou broer is daar met die oog op jou nood.”   (Spr. 17:17) 

Wie se vriend is jy?

Dis harde werk om 'n vriend te wees!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles