Gansbaai Jeug se Jeugdagbesoeke

Gansbaai Jeug se Jeugdagbesoeke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Jeug, wat vroeër vanjaar behoorlik op die been gekom het met Gansbaai se voormalige Mej Fees van die Ganse, Elzaan van Lill as voorsitter, het onlangs op Jeugdag welwillendheidsbesoeke by Tehuise vir Bejaardes afgelê.

“Ons het gesorg vir genoeg cup cakes en ander koekies en dit was weer eens ‘n belewenis om die inwoners se opgewondenheid gade te slaan terwyl ons gesellig met hulle verkeer het,” vertel Elzaan. Van die kerngroep se lede wat Elzaan vergesel het, is Nkosinathi Ally Msweli (ondervoorsitter), Stefan Kruger, Daniel Boshoff, Robert Dahl en sy vriendin, met rdl Riana de Coning wat as gas van Gansbaai Jeug die besoeke meegemaak het. Hierdie welwillendheidsbesoeke is by Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum afgelê en Elzaan sê hulle is deurgaans met ope arms en dankbare vriendelikheid ontvang en hulle het heerlik en spontaan met die onderskeie inwoners gelag en gesels.

Gansbaai Jeuggroep is vroeër vanjaar onder aanmoediging van Gansbaai Toerisme in die lewe geroep en Elzaan sê hulle beskou hulself as ‘n multi-kulturele groep jongmense van tussen 16 en 30 jaar jonk. Enkele beplanningsvergaderings is al agter die rug en goeie vordering vir ‘n Gansbaai Talentkompetisie is reeds gemaak. Ander idees wat ook op hul “jeugspyskaart” is, is ‘n sport- of boeresportdag, skattejag, nagskattejag, fliekaand, musiekaand, speletjiesaand en veel meer.

Alle jeuglede (16-30) van die omgewing is welkom om by hulle aan te sluit om te help bewys dat Gansbaai se jeug “tops” kan wees. Die groep is reeds op Facebook as “Gansbaai Jeug”. Vir navrae kan Elzaan van Lill by 079-880-4035 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by gansbaaijeug@gmail.co.

Hardus Botha

Gansbaai Jeug se Jeugdagbesoeke

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles