Vader Tyd op pad van herstel

Vader Tyd op pad van herstel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die NG Kerk se horlosie op Gansbaai is stadig maar seker op die pad van “herstel”. Soos almal weet was die bestaande raamwerk van die vier horlosie-gesigte in algehele verval en het die horlosie ook al gestaan. Koste vir die steierwerk net om die toring te herstel, is op R75,000.00 beraam. Paul Knoetze (75) van Franskraal is genader om hulp en hy het aanbeveel dat hy nuwe rame van vlekvrye staal sou vervaardig met “vensters” van Plexiglass slegs teen die koste van die materiaal.

Geen steierwerk sou dus benodig word nie, wat dus ‘n besparing van hierdie koste sou wees. Paul het al die beplanning, bestelling van materiaal en vervaardiging van onvervangbare parte eiehandig tuis onderneem. Die rame is in modules vervaardig om die montering sonder steierwerk te kon doen. Paul het die montering van die voltooide rame met net die hulp van Jannie Botha en ‘n hulpwerker, Fred Timmers behartig.

Sy reeds bekende leuse van: “doen wat jy doen die eerstemaal reg”, is weer eens bewys deurdat die volledige “insit”-operasie sonder haakplekke plaasgevind het. Die elektroniese eenheid wat die werking van die horlosie beheer is reeds herstel en suksesvol getoets. Die nodige elektriese kabelwerk sal mettertyd voltooi word. Paul het reeds die presiese aanwysigings van hoe dit gedoen moet word vir die elektrisiën gereed gekry en ook die volledige bekabelingslys opgestel. Daarna sal die opknap van die horlosie se ratwerke, asook die monteer van die wysers as ‘n laaste fase gefinaliseer word. Dit wat sedert die begin van die herstelproses gedoen is, al was dit oor ‘n lang periode, is te omvattend om in ‘n neutedop beskryf te word.

Dit was van die begin af ‘n enorme taak waarvoor Paul homself op navraag beskikbaar gestel het. Daar kan opgewonde en met groot waardering teenoor Paul uitgesien word na die dag wat “Vader Tyd” se klokslae weer oor die dorp kan weergalm.                                

Hardus Botha

Vader Tyd op pad van herstel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles