Vader Tyd op pad van herstel

Vader Tyd op pad van herstel

Gansbaai Courant

Die NG Kerk se horlosie op Gansbaai is stadig maar seker op die pad van “herstel”. Soos almal weet was die bestaande raamwerk van die vier horlosie-gesigte in algehele verval en het die horlosie ook al gestaan. Koste vir die steierwerk net om die toring te herstel, is op R75,000.00 beraam. Paul Knoetze (75) van Franskraal is genader om hulp en hy het aanbeveel dat hy nuwe rame van vlekvrye staal sou vervaardig met “vensters” van Plexiglass slegs teen die koste van die materiaal.

Geen steierwerk sou dus benodig word nie, wat dus ‘n besparing van hierdie koste sou wees. Paul het al die beplanning, bestelling van materiaal en vervaardiging van onvervangbare parte eiehandig tuis onderneem. Die rame is in modules vervaardig om die montering sonder steierwerk te kon doen. Paul het die montering van die voltooide rame met net die hulp van Jannie Botha en ‘n hulpwerker, Fred Timmers behartig.

Sy reeds bekende leuse van: “doen wat jy doen die eerstemaal reg”, is weer eens bewys deurdat die volledige “insit”-operasie sonder haakplekke plaasgevind het. Die elektroniese eenheid wat die werking van die horlosie beheer is reeds herstel en suksesvol getoets. Die nodige elektriese kabelwerk sal mettertyd voltooi word. Paul het reeds die presiese aanwysigings van hoe dit gedoen moet word vir die elektrisiën gereed gekry en ook die volledige bekabelingslys opgestel. Daarna sal die opknap van die horlosie se ratwerke, asook die monteer van die wysers as ‘n laaste fase gefinaliseer word. Dit wat sedert die begin van die herstelproses gedoen is, al was dit oor ‘n lang periode, is te omvattend om in ‘n neutedop beskryf te word.

Dit was van die begin af ‘n enorme taak waarvoor Paul homself op navraag beskikbaar gestel het. Daar kan opgewonde en met groot waardering teenoor Paul uitgesien word na die dag wat “Vader Tyd” se klokslae weer oor die dorp kan weergalm.                                

Hardus Botha

Vader Tyd op pad van herstel

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles