1ste Academia matrikulant wuif vanaf boot

1ste Academia matrikulant wuif vanaf boot

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Een van Gansbaai Academia se eerste matrikulante in 2012, Michelle Hayes, het onlangs laat weet hoe dit met haar op die boot, Carnival Valor in Port Canaveral gaan, waar sy as die enigste gekwalifiseerde Ionithermist werk.

 “Na matriek het ek skoonheid vir 2 jaar by die Dermatech Hair Health & Training Institute in Bloubergstrand studeer,” vertel Michelle. Michelle het haar studies na 2 jaar voltooi en haarself as ‘n Skoonheidsterapeut bekwaam. Dit sluit die volgende diplomas in: Saahsp; Itec; Cibtec; Cidesco. Ná ‘n suksesvolle onderhoud by Steiner Training Academy in Bellville, het sy as ‘n Ionithermist gekwalifiseer. Ionithermie is ‘n 5-in-1 ontgiftigingsbehandeling (detoxifying) wat “inches” verminder as gevolg van gifstowwe en water wat tydens die behandeling uit die liggaam verwyder word. “Dit was nog altyd my droom om te reis en die wêreld te sien en nou doen ek dit terwyl ek ‘n beroep beoefen wat nie eens soos werk voel nie,” sê sy. Na haar opleiding het dinge vinnig gebeur. Sy het ‘n pos op die boot Carnival Valor in Port Canaveral gekry en moes binne die bestek van 2 dae aanmeld, sonder om eers haar eie tasse in Gansbaai te gaan pak. “Ek het vir ure vanaf Kaapstad na Londen gevlieg, daarna na Miami en laastens na Orlando waar ek my boot, Carnival Valor in Port Canaveral gekry het,” vertel sy. “Ek is die enigste gekwalifiseerde Ionithermist aan boord en is dus dankbaar dat al die passasiers wat detoxing nodig het, my kliënte is!” Sy vertel dat sy vir die volgende 9 maande op die boot moet bly en leef, terwyl hulle elke tweede week op dieselfde roete vaar. Elke week is dit ‘n 7 dae bootvaart en elke Saterdag keer hulle na Port Canaveral terug om nuwe toeriste op te laai. Die opwindende roetes is die volgende: 1ste week: Port Canaveral; Sea Day (heeldag op see); Cozumel (Mexico); Belize; Mahogany Bay (Isla Roatan); Costa Maya (Mexico); Sea Day. 2de week: Port Canaveral; Nassau (The Bahamas); Sea Day; St Thomas (USVI); San Juan (Puerto Rico); Grand Turk; Sea Day. Michelle sê sy werk 7 dae ‘n week, met 3 halwe dae af waar sy die verskillende gebiede kan besoek en ontdek. “My werksure is vanaf 07:30 tot 21:30, met ‘n uur vir middagete en ‘n uur vir aandete,” vertel sy. “Alle nodige dinge soos kos en verblyf is gratis, maar vir ‘luukshede’ soos die koffiekroeg met die lekkerste koeke en alkoholiese drankies, moet ons self voor betaal.” Sy sê die boot se bemanning is soos een groot familie, almal ver weg van hul tuistes af, en is altyd vriendelik en behulpsaam. “Die Carnival Valor staan as die FUN Cruise Ship bekend en hulle verskaf plesier saam met al hul dienslewerings,” vertel Michelle. “Elke week is daar iets nuuts wat van verskillende kulture en areas wat besoek word, geleer word en elke kliënt maak ‘n verskil in jou lewe omdat elkeen ‘n ander storie het om te vertel.”

Voorwaar ‘n bevoorregte “2012-Sharky” van Gansbaai Academia, met haar ma, Monica Hayes wat Gansbaai Courant se Grafiese Ontwerper is - natuurlik met behoorlike verlange na haar dogter!

Gansbaai Courant rig graag ‘n uitnodiging aan Gansbaai Academia se eerste matrikulante (2012) om van hulle te laat hoor.

Hardus Botha

1ste Academia matrikulant wuif vanaf boot

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles