Franskraal Rolbalnuus (25 July 2015)

Franskraal Rolbalnuus (25 July 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Franskraal Rolbalklub het verlede week 'n baie bedrywige program gehad.  Op Donderdag die 18de is daar gholf en rolbal gespeel. Vrydag was ons klub se jaarlikse prysuitdeling en die afgelope Saterdag het ons 'n geslote driespel kompetisie, geborg deur Gansbaai Marine, aangebied.

Soos met al ons vorige kompetisies, was Saterdag weer een van daardie dae waar elke span daarop ingestel was om met die louere weg te stap.  Drie wedstryde oor twaalf koppe elk is gespeel. Uitstekende spel was aan die orde van die dag en geen tree is deur spanne vir hul opponente teruggestaan nie.  Elke speler het sy/haar beste spel na vore gebring om hul span op die voorvoet te plaas.

Die wenners op die dag was die span van Anne van Niekerk (skipper) met Tommie van Niekerk en sy span tweede en die span van Gideon Pienaar wat die derde plek beklee het.  Baie geluk aan hierdie spanne.

Ons hartlike dank gaan aan Gansbaai Marine wat, met hul pragtige borgskap, dit vir ons moontlik gemaak het om hierdie dag aan te bied.  Baie dankie vir julle volgehoue ondersteuning aan Franskraal Rolbalklub. Dit word baie hoog op prys gestel.

 Op Donderdag het Gansbaai Gholfklub en Franskraal Rolbal-klub, na 'n onderbreking van 'n paar jaar, weer 'n rolbal/gholf dag aangebied waar gholf en rolbal gespeel is. Die dag is moontlik gemaak deur 'n pragtige borgskap van Warwick Wealth.  Vroegoggend het agtien spelers van elke klub hulle by die Gholfklub aangemeld waar ons met die heerlikste eetgoed, deur Toekie Hatting voorberei, begroet is.  Na die verwelkomings is die spanne ingedeel en is daar met “ernstige” gholf begin.  Vanaf die eerste bof kon gesien word dat die meeste rolbalspelers uit hulle diepte was.  Balle het met eentonige reëlmaat tussen die bosse verdwyn om nooit weer gesien te word nie.  Op die setperk is die kortste van kort sette met gemak verbrou en kon die ongeloof in die gholfspelers se gesigsuitdrukkings bespeur word. 

Alle verbroude houe is grappenderwys aanvaar en afgelag.

Na die 9de putjie is menige slaak van verligting deur ons rolbalspelers gegee.  Verlig dat alles verby was en verlig dat geen verdere vernedering weer sou plaasvind nie!  Wat egter soos 'n paal bo water gestaan het, was die gees waarin daar “kompeteer” en gespeel is. Watter wonderlike oggend én ondervinding was dit nie!

Na daar heerlik geëet en pryse uitgedeel is, het almal na die rolbalbane verskuif.  Hier kon ons  rolbalspelers ons weer laat geld. Weer was die gees waarin wedstryde aangepak is iets om te aanskou.  Na tien koppe gespeel is, is ons deur 'n bord gebraaide hoender en slaai, wat deur lede van die Rolbalklub berei is, trakteer.  Na die prysuitdeling is daar tot laat gekuier en gesellig verkeer.  Daar is reeds besluit om hierdie dag  'n jaarlikse instelling te maak. Voorwaar iets om na uit te sien. 

Baie dankie aan Bev Swart en Gert Pretorius vir die puik organisasie en ook aan Warwick wat, met hul wonderlike borgskap, hierdie dag moontlik gemaak het.  Dit word baie hoog op prys gestel. Laastens 'n woord van hartlike dank aan almal by die gholf- en rolbalklub wat agter die skerms gewerk het om alles vir hierdie dag in plek te kry.  Julle is wenners.

Rolbal groete tot volgende keer.

Philip Malherbe

Franskraal Rolbalnuus (25 July 2015)

Philip Malherbe

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles