Twee Kapenaars, Tony Hoogendijk van Oostersee en Kingsley Green van Table View, wat gereeld naweke by Die Damme deurbring, is verlede naweek met breë borskaste terug Kaap toe.
Tony se Steenbras wat hy gevang het, het 5.5kg geweeg en Kingsley se Mosselkraker 14.5kg. Die twee prag-visse is gedurende die oggend van 20 Junie 2015 by Dwarswater, sowat 8km vanaf Die Damme van die kant af gevang. Tony en sy eggenote, Karen, besit vir die afgelope 8 jaar ‘n vakansiehuisie by Die Damme en Karen sê as die weer dit toelaat, rol die motorwiele bykans elke Vrydag by Die Damme in, met Kingsley wat beslis nie in die Kaap agterbly nie.
Tony en Kingsley is altwee lede van Pearly Beach Rots- en Strandhengelklub.
Hardus Botha