Eksperimenteer gerus

Eksperimenteer gerus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ai, om weer ‘n ordentlike kabeljoutjie te vang en dan nog ‘n klomp makriel ook is mos maar waaroor dit gaan. Dis nou nie juis ‘n staatsgeheim dat die kabeljou in die omgewing van die Moddergate ronddwaal nie. Daar is egter so baie van die kleiner kabeljoutjies en dis nie ‘n kuns om sommer ‘n klomp te vang nie. Onthou egter die “size”-grootte is 50 cm. en baie van hulle maak dit net nie  --  en dit weer beteken terug water toe met hulle.

‘n Mens moet jou indink hoe dit nou gaan met die vangery. Kort-kort het jy so enetjie aan wat (en jy behóórt so daaroor te dink) nie die moeite werd is om te hou nie. En as dit so gereeld gebeur sit jy maar ‘n ekstra lyntjie in die water om darem ‘n paar makriel in die boot te hê. Nou maar almal van ons het mos sy besonderse manier van vang. As jy al ‘n bietjie baard het en jy is darem al gewoond om met verskillende lyne verskillende vis te vang, en jy is nog boonop redelik suksesvol daarmee, waarom sal jy dan wil verander? Dit is nou maar my manier van dinge doen, maar ek wil graag glo dat jy altyd byleer en wat sake interessant maak is wanneer jy bereid is om te eksperimenteer dinge net beter behoort te gaan. Saterdag was so ‘n dag vir my. Ons het drie redelik mooi kabeljoue op die boot gehad en toe die ondermaatvisse besluit om ook te kom kyk hoe lyk dit daar buite het ek besluit om ‘n plan te maak.

Ek het geargumenteer dat die groter kabeljoue, wat reeds bewys het hulle is wel daar, maar net nie kans kry om die aas te vat nie, weens die baie kleintjies om hulle, ‘n behoorlike kans behoort te kry. Hoe sou jy die aasvretertjies nie vang nie? ‘n Groot hoek, ‘n dikkerige lyn en sommer so ‘n halwe maasbanker as aas  --  maar jy kan wel ‘n bulletjie so aankeer. Ook maar onwaarskynlik want selfs hulle verkies dunner lyn en ‘n kleiner hoek, plus ’n ordentlike aas. In elk geval, my swaarder gereedskap is toe met ‘n groter sinker die water in terwyl ek dit nag maak met die makriel. Die feit dat daar niks aangegaan het met my gewigtige lyn nie het my nie gepla nie. Op ‘n stadium is daar besluit dis tyd sementpad (hawe) toe. Dis toe ek die amper vergete lyn wou optrek dat ek die skok kry. ‘n Ding vlieg weg met my aas en ek kry twee trekke in voor hy laat los. ‘n Haai? Dalk daai groot kabeljou waarvoor ek gehoop het? Ek weet eerlik waar nie, maar dit was steeds die moeite werd. Miskien volgende keer!

Behalwe vir baie kabeljou is daar ook ‘n paar geelbekke gevang, buiten al die ander soort visse. Lekker. Groete, Seemeeu

Eksperimenteer gerus

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles