Vlnr is drie Birkenhead Boothengelklublede, Johan Burmeister (wedstrydsekretaris), Lulof Doyer (lid) en Philip Fourie (voorsitter) met 6 van die pragtige kabeljoue wat hulle naby Kleinbaai “in die diep” vanaf Johan se boot, Nu-Nu gevang het.
In totaal het hulle 15 kabeljoue gevang met gewigte tussen 3kg en 7kg. Dan het hulle ook 6 mooi geelbekke, stokvis en makriel gevang. Jammer vir hierdie boothengelaars dat dit nie ‘n Birkenhead Boothengelkompetisie was nie - dan sou hulle beslis ‘n beduidende verskil aan hulle punte vir die einde van die jaar gemaak het!
Hardus Botha