Penguin Rescue Line

What to do if you find a stranded Penquin or Seabird. First of all remember the Penguin Rescue Line: 072-598-7117.

A penguin on the beach or on the rocks outside a colony is normally a penguin in trouble.

Keep dogs away! Do not feed the bird!

Do not put the bird back into the water!

Contact the Penguin Rescue Line!

The Rescue Line co-ordinator will provide further instructions.

Besoek gerus die pragtige African Penguin & Seabird Sanctury (APSS) by die kruising van die Gansbaai/Kleinbaaipad en Dangerpoint/Franskraalpad (nuwe teerpad). Die sentrum is op 26 Februarie vanjaar amptelik deur die minister van Toe-risme, Derek Hanekom geopen en is ‘n inisiatief van die Dyer Island Conservation Trust (DICT), in samewerking met Marine Dynamics en Dyer Island Cruises, asook etlike ander rolspelers en borge.

Minister Hannekom het onder andere gesê: “Projects of this nature are about the common good - good for the environment, good for the community and good for the country as a whole.” APSS se leuse is eenvoudig en duidelik: “Elke voël tel”. Dit is ‘n goed ingerigte sentrum vir die rehabilitasie van beseerde Afrika pikkewyne en ander mariene diere en -voëls. Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, het die volgende gesê:

“The partnership with DICT has been one of our most rewarding sustainability projects we have been involved with in South Africa….The impact that the DICT is making with its work with Marine Big 5 - African Penguin, Great White Shark, seals, dolphins and whales will have meaningful impact for generations to come.” Die APSS is elke dag van die week vanaf 09:00 tot 16:00 oop vir gratis besoeke, met ‘n vrywillige donasie wat gegee kan word. Inwoners en besoekers kan gerus ‘n draai gaan maak.

Onthou van die Pikkewyn Reddingslyn se kontaknommer: 072-598-7117.

Hardus Botha

Die African Penguin & Seabird Sanctury (Argieffoto: Gansbaai Courant)