Byron Kleingeld se Cum laude

Byron Kleingeld se Cum laude

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nog ‘n trotse Cum laude-student in Gansbaai is Byron Kleingeld (24), ‘n bekende agter Gansbaai Elektries se toonbank. Hy het sy Diploma in Inligtingstegnologie (IT) aan die einde van 2014 met lof (Cum laude) verwerf, ná 3 jaar se deeltydse studies aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA).

‘n Trotse Louis en Wilna Kriel, eienaars van Gansbaai Elektries het hom in Junie na die diplomaplegtigheid in His Peoples Church N1 City se saal vergesel. “Byron het homself reeds in matriek as ‘n skrander en hardwerkende leerder bewys en ek het kort na sy aanstelling by ons besluit om hom die geleentheid te bied om verder te studeer, aangesien ek die potensiaal in hom raakgesien het,” vertel Wilna. “Hy het dadelik gepraat van ‘n elektriese rigting, maar ek het hom gevra om eers navraag te doen aangesien ek hom nie in ‘n rigting wou forseer nie.”

Byron het toe op Inligtingstegnologie besluit en Wilna sê al sy punte het gedurende die afgelope 3 jaar na haar toe gekom. Van die sowat 30 vakke oor die volle tydperk, het hy minstens 24 deurgaans met lof geslaag. “Ons is sommer baie trots op sy prestasies en hy het ons nie teleurgestel nie.” Byron is sedert 2008 ‘n Gansbaaier toe hy in Gr 11 by Hermanus Hoërskool aangekom het, waar hy ook gematrikuleer het. Hy werk reeds vir die afgelope 5 jaar by Gansbaai Elektries. Byron se stiefpa en ma, Joe en Luhande Diedericks is altwee werknemers van Gansbaai Superspar.

En die toekoms? “Omdat ek baie nou by die kerk betrokke is, beplan ek geen verdere studies vir hierdie jaar nie en sal by Gansbaai Elektries aanbly,” het Byron gesê. Wilna het reeds aangebied dat hulle vir Byron sal help om volgende jaar vir sy graad in Inligtingstegnologie in te skryf, “maar dit berus by hom of hy van die aanbod gebruik wil maak of nie,” sê sy.

Hardus Botha

Byron Kleingeld se Cum laude

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles