Kleindogter in Proteaspan

Kleindogter in Proteaspan

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Albert en Marie Potgieter van De Kelders, bekend vir hulle Feetjietuin, is die trotse oupa en ouma van Rochelle Lawson (23) wat onlangs “as ‘n verrassing” deur Netbal Suid-Afrika by die Wêreldbekergroep ingesluit is.

Rochelle is die Southern Stings se hulpverdediger en is saam met Phumza Maweni, ook ‘n verdediger, die enigste twee Wes-Kapenaars in die Proteas se 12-tal. Rochelle het haar toetsbuiging verlede maand op die Europese kampioenskap in Noord-Ierland gemaak en het slegs een dag gehad om die nasionale afrigter, Norma Plummer van haar talente te oortuig. Die Proteas neem vanaf 7 Augustus aan netbal se groot skouspel in Sydney deel. Suid-Afrika speel vooraf twee toetse teen Nieu-Seeland ter voorbereiding vir die daaropvolgende wedstryde.  

Rochelle studeer tans onderwys by UNISA. Dan staan Rochelle se suster, Roux-Jeanne Lawson (19) ook nie ver agter in die “netbal-ry” nie. Roux-Jeanne het haarself al deeglik op die gebied van netbal bewys en speel tans netbal in Johannesburg vir die USSA-toernooi vir Universiteite. Sy is ‘n eerstejaar student aan die Cape Peninsula University of Technology (CPUT) en studeer Kleinhandelbestuur. Die twee kranige netbalsusters is die dogters van Len en Anne-Marie Lawson van Welgelegen en natuurlik die kleindogters van ‘n trotse Albert en Marie Potgieter.

 Hardus Botha

Kleindogter in Proteaspan

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles