Ons moet die beeld van Jesus aan die wereld wys!

Ons moet die beeld van Jesus aan die wereld wys!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“GOD het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van GOD het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.” (Gen. 1:27)

“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die HERE.... Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die HERE wat die Gees is.” (2Kor. 3:18)

Die moderne mens hou van foto’s! Veral foto’s van jouself of van jou saam met vriende en familie. Kyk maar op Facebook en tydskrifte en jy sal dit raaksien. Ons hou van mooi foto’s van mooi mense. Dis ook reg só. Want as ons regtig die beeld van GOD op aarde is soos Genesis 1:27 sê, dan moet mense elke dag in ons iets van die beeld van GOD en Sy Seun Jesus kan sien.

Daar word vertel dat die beroemde musikant, Rossini, op ’n keer deur die koning van Frankryk met ’n kosbare horlosie beloon is vir sy uitstekende werk. Hy was baie trots op die horlosie. Jare later het hy dit aan ’n vriend gewys. Tot sy verbasing het die vriend hom gevra of hy al ooit die werklike waarde van die horlosie ontdek het. Hy het die horlosie by Rossini geneem en ’n geheime veertjie aan die kant gedruk wat die horlosie se omhulsel laat oopspring het. Aan die binnekant van die horlosie was ’n pragtige skildery van Rossini!

Dink jy nie dis ook waar van baie van ons as Christene nie? Ons gaan ons hele lewe deur sonder dat ons die ware geheim ontdek het die beeld van Jesus in ons. Ja, die foto van Jesus Christus is nog weggesteek diep binne-in ons. Dis eers wanneer ons die geheime veertjie ontdek wat Jesus se beeld al hoe meer in ons lewe vertoon. Wat is hierdie veertjie? Lees weer hierdie vers hierbo in 2 Korintiërs 3:18. Die veertjie wat die beeld van Jesus in ons laat oopbars, is die Heilige Gees! Ons moet net toelaat dat Hy ons (akti)veer! As GOD se kinders het ons almal die beeld van Jesus in ons – ’n foto wat regtig pragtig is en die heerlikheid (skoonheid/reinheid) van Jesus aan die wêreld sal duidelik maak as ons net bereid is om te te doen wat Hy van ons vra. “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Mat 5:16)

Dink net wat gaan gebeur as alle Christene begin om die beeld van Jesus aan die wêreld te wys! Mense gaan in hulle duisende begin om GOD raak te sien en hulle lewens aan Hom oor te gee! Regerings en maatskappye gaan verander! Skole en kerke gaan foto-albums word van GOD se grootheid! Ja, haat en jaloesie sal verdwyn – want Jesus is besig om deur ons almal te skyn! Laat die Heilige Gees toe om jou geheime veertjie aan te raak!

Ons moet die beeld van Jesus aan die wereld wys!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles