Ons moet die beeld van Jesus aan die wereld wys!

Ons moet die beeld van Jesus aan die wereld wys!

Gansbaai Courant

“GOD het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van GOD het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.” (Gen. 1:27)

“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die HERE.... Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die HERE wat die Gees is.” (2Kor. 3:18)

Die moderne mens hou van foto’s! Veral foto’s van jouself of van jou saam met vriende en familie. Kyk maar op Facebook en tydskrifte en jy sal dit raaksien. Ons hou van mooi foto’s van mooi mense. Dis ook reg só. Want as ons regtig die beeld van GOD op aarde is soos Genesis 1:27 sê, dan moet mense elke dag in ons iets van die beeld van GOD en Sy Seun Jesus kan sien.

Daar word vertel dat die beroemde musikant, Rossini, op ’n keer deur die koning van Frankryk met ’n kosbare horlosie beloon is vir sy uitstekende werk. Hy was baie trots op die horlosie. Jare later het hy dit aan ’n vriend gewys. Tot sy verbasing het die vriend hom gevra of hy al ooit die werklike waarde van die horlosie ontdek het. Hy het die horlosie by Rossini geneem en ’n geheime veertjie aan die kant gedruk wat die horlosie se omhulsel laat oopspring het. Aan die binnekant van die horlosie was ’n pragtige skildery van Rossini!

Dink jy nie dis ook waar van baie van ons as Christene nie? Ons gaan ons hele lewe deur sonder dat ons die ware geheim ontdek het die beeld van Jesus in ons. Ja, die foto van Jesus Christus is nog weggesteek diep binne-in ons. Dis eers wanneer ons die geheime veertjie ontdek wat Jesus se beeld al hoe meer in ons lewe vertoon. Wat is hierdie veertjie? Lees weer hierdie vers hierbo in 2 Korintiërs 3:18. Die veertjie wat die beeld van Jesus in ons laat oopbars, is die Heilige Gees! Ons moet net toelaat dat Hy ons (akti)veer! As GOD se kinders het ons almal die beeld van Jesus in ons – ’n foto wat regtig pragtig is en die heerlikheid (skoonheid/reinheid) van Jesus aan die wêreld sal duidelik maak as ons net bereid is om te te doen wat Hy van ons vra. “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Mat 5:16)

Dink net wat gaan gebeur as alle Christene begin om die beeld van Jesus aan die wêreld te wys! Mense gaan in hulle duisende begin om GOD raak te sien en hulle lewens aan Hom oor te gee! Regerings en maatskappye gaan verander! Skole en kerke gaan foto-albums word van GOD se grootheid! Ja, haat en jaloesie sal verdwyn – want Jesus is besig om deur ons almal te skyn! Laat die Heilige Gees toe om jou geheime veertjie aan te raak!

Ons moet die beeld van Jesus aan die wereld wys!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles