Birkenheaders is vrolikheid

Birkenheaders is vrolikheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Birkenhead Boothengelklub se prioriteit is maandelikse boothengelkompetisies met trotse trofeë aan die einde van die jaar, maar dis nie waar sake eindig nie. Met hulle maandelikse funksies, met of sonder kompetisies as die weer nie saamspeel nie, asook Woensdagaande se gesellige bring-en-braai’s, sorg hulle vir vele bykomende pret en plesier.

Johan en Suzette Wiese, met die hulp van John en Tollie Thompson, was vir die gesellige funksie op 6 Junie verantwoordelik. Naas die smaaklike ete en die gesellige dans op maat van Raymond Rabe se Musiekfabriek, is wynpryse aan Pop Malan en Tollie Thompson deur Marlene van Rooyen (ook haar verjaardag!) en Johan Wiese oorhandig. Dan het ‘n nuwe boothengellid, Kobus de Kock ook sy lidmaatskapsertifikaat ontvang, met sy eggenote Barbara by hom.

‘n Minuut van eerbiedige stilte is ook vir die afsterwe van boothengellid Harold Slow gehandhaaf. Die verrassing van die aand was Kobus du Toit van Vleispaleis wat, met Gail Marais se hulp, met rolstoel en al opgedaag het om die gesellige aand saam te kuier, al was dit nie op die dansbaan nie. Kobus se suster, Marlene van Zyl het as gas ook die funksie bygewoon.

Voor die oorhandiging van die kompetisiepryse, het voorsitter Philip Fourie na die onselfsugtige samewerking tussen skippers verwys. “Rikus de Wet het ons ander spesiaal geskakel om te sê waar die geelstert volop is, wat ‘n onselfsugtige gebaar van hom was,” het Philip gesê. “Dan het een van ons voormalige lede, Gawie Krugel, een van ons lede, Thys Fourie se boot gehaak en veilig hawe toe gesleep, nadat dié se boot onklaar geraak het.” Einste Philip en sy eggenote, Loraine het besluit dat Vadersdag nie vir Birkenheaders ongesiens verby kan gaan nie. Hulle het uitnodigings uitgestuur en 7 egpare het hul opwagting by hul huis in Franskraal vir ‘n gesellige Vadersdag bring-en-braai gemaak.

Die volgende boothengelkompetisie is eerskomende Saterdag, 4 Julie, met die gesellige funksie die aand. Klubnavrae: Philip Fourie (voorsitter) by 082-747-3634; Boothengelkompetisie-navrae: Johan Burmeister (wedstrydsekretaris) by 082-895-7647.

Hardus Botha

Birkenheaders is vrolikheid

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles