Blompark Ikamva is baie dankbaar oor ‘n suksesvolle pretstap en gesondheidsdag wat hulle op Jeugdag, 16 Junie aangebied het en wat baie goed ondersteun is.
“Die dag was ‘n reuse sukses, ondanks die koue reënweer, en die kinders, jeug en ouers het almal bymekaargekom om deel van die dag te wees,” vertel Jolandi Sauls van Ikamva. “Selfs van Buffeljachts se mense het opgedaag.” Daar is speletjies gespeel, drama en dans is uitgebeeld en alles het sommer baie gesellig verloop. Sy bedank graag vir Lt Africa van Gansbaai SAPD wat “die hele halwe dag” saam met hulle spandeer het.
“Ons hoop om hom meer kere as nuwe intrekker in Gansbaai betrokke te kry.” Sy bedank ook die organiseerderskomitee onder leiding van Rialet Wood en Helena Geldenhuys vir die suksesvolle Jeugdag.
Hardus Botha