Sers Visser se prestasie

Sers Visser se prestasie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sers Adele Visser (35) van Gansbaai SAPD het met trots haar welverdiende B.Tech-graad in polisiëring by UNISA aan die einde van 2014 verwerf.

Adele se ma, Lucille Mangiagalli, haar suster, Janine Lodewyk en ‘n vriend het die gradeplegtigheid op 19 Junie 2015 in die His Peoples Church N1 City se saal bygewoon. Adele het aanvanklik haar Nasionale Diploma in Polisiëring aan UNISA verwerf, alvorens sy op die groot stap vir ‘n graad besluit het.

Sy is in 2011 vanaf die rang van konstabel na dié van sersant bevorder, ná die verwerwing van haar diploma. Adele het in die Kaap grootgeword, maar is al sedert 1996 ‘n Gansbaaier en in 1998 matrikuleer sy aan die Hoërskool Hermanus.

Sers Visser is ‘n bekende gesig in Gansbaai, waar sy nog altyd aktief by gemeenskapsprojekte, asook etlike komitees binne SAPD-geledere, betrokke was en steeds is. Sy is ook ‘n staatmaker vir Gansbaai Courant met haar knap fotografie tydens gemeenskapsprojekte en is ook altyd behulpsaam met die verkryging van sodanige inligting.

Die redakteur en personeel van Gansbaai Courant dra graag hul gelukwense aan Adele oor.

Hardus Botha

Sers Visser se prestasie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles