BBos Teerpad nader voltooiing

 BBos Teerpad nader voltooiing

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Twee jare gelede het die padbou 'n werklikheid geword, die aankondiging was met groot opgewondenheid ontvang en die pad nader nou voltooiing,” vertel Helena Swart, voorsitter: B’Bos Huiseienaarsverening (BBHEV). “Daar is 'n gewerskaf in die hoofstraat om sypaadjies gereed te kry, bome moet nog aangeplant word, nuwe heinings moet opgerig word en nuwe straatnaamborde gaan deur Overstrand Munisipaliteit aangebring word.”

Sy sê die hoofstraat gaan werklik 'n fees vir die oog wees, maar met al die opgewondenheid kom ook ietwat van 'n negatiewe gevoel deur sommige van die inwoners: “Die dorp gaan baie verander, ons sal nie meer veilig voel nie,” is maar een van die punte wat genoem word. “Vir die inwoners wil ek net sê, ja, ‘n teerpad bring positief en negatief, alles is nooit maanskyn en rose nie, maar ons moet die negatief verander in positief en die inwoners moet hande met die BBHEV vat en gesamentlik moet ons toesien dat dit 'n veilige en vriendelike dorp vir al die inwoners en besoekers bly.”

Helena sê baie tyd is deur die BBHEV spandeer om die Overstrand Munisipaliteit (met groot dank aan mnr Kat Myburg, Jan Nel en ander departemente) met die indentifisering en voltooiing van projekte by te staan. Onderhandelinge met die Wes-Kaapse regering het byna maandeliks plaasgevind en die BBHEV het nie "Nee" vir 'n antwoord aanvaar nie en met volgehoue druk is die bou van die pad uiteindelik aangekondig. “Bogenoemde is nie net vir die inwoners nie maar ook om besoekers welkom te laat voel, want besighede kan nie ‘n bestaan maak sonder kliënte nie,” sê Helena.

“Net ‘n vriendelike versoek aan die bestuurders van groot 4 x 4’s is om nie nou al en ook nie in die toekoms op die sypaadjies te parkeer nie, aangesien die randstene nog nie eers in plek is nie en dit is alreeds platgery.” Sy sê sy hoop dat almal die nuwe teerpad sal geniet.

Helena kan by 028-381-9206 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by tolbos@mweb.co.za.

Hardus Botha

 BBos Teerpad nader voltooiing

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles