Leer GOD ken uit sy Woord

Leer GOD ken uit sy Woord

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die hele Skrif is deur GOD geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van GOD staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” (2Tim 3:16,17) 

Alle gelowiges het die begeerte om GOD beter te leer ken. So baie keer sê ons: “As ek net één keer GOD kan sien of ervaar soos Hy werklik is.”  Daar is baie maniere om GOD te leer ken: Soos wanneer jy langs ons mooi strande loop en in verwondering staan oor hóé mooi die natuur is; wanneer jy soms in jou lewe ’n diep stilte en intense vrede ervaar – dan is jy baie naby aan GOD; daar kom kere wanneer jy meegevoer word deur lofprysing en jy in elke lied wat gesing word, GOD beleef; min dinge bring jou so naby aan GOD soos gebed in jou binnekamer;  Jy ervaar GOD ook wanneer iemand ’n getuienis lewer oor wat met hom of haar gebeur het;  Ja, ons hoor van wonderwerke en dan weet ons: GOD is teenwoordig en in beheer! 

Tog is dit die Bybel, as Woord van GOD, wat ons beste manier is om GOD te leer ken. Ons lees die Bybel en al het GOD nie die Bybel met Sy eie hand geskryf nie, weet ons dat dit wat die sowat 40 skrywers van die 66 boeke van die Bybel geskryf het, regtig deur die Heilige Gees geïnspireer is. Weet jy hoe weet jy dit? As jy ’n deel in die Bybel lees en jy voel op daardie oomblik asof dit GOD is wat persoonlik met jou praat – dit noem ons die geïnspireerde Woord!

Die Bybel beskryf die wil van GOD baie duidelik. GOD wil hê jy moet weet dat jy as sondaar  besig is om in die diepsee te verdrink! Maar GOD gooi Sy reddingsboei, Jesus Christus, na jou en skreeu: “Hou vas, Ek wil jou red!” Dis die beste nuus wat enige gelowige op aarde van GOD kan hoor! GOD het my lief en wil my red! Hier is ’n paar riglyne wat jy kan volg om GOD beter te leer ken as jy die Bybel lees:

Lees dit stadig en gereeld sodat jy verstandig en voorspoedig kan wees. (Psalm 1:1-3)

Glo dit om veilig te wees. Beoefen dit om heilig te wees.

(1 Tess. 4:3; Lev. 20:7)

Dit bevat lig wat jou sal lei; (Ps. 119:105) voedsel om jou te onderhou (Joh. 6:55) en troos om jou op te beur. (Ps. 94:19; Mat. 11:28-30)

Christus is die belangrikste onderwerp; (1Kor. 1:18,23; 15:14;) ons redding die doelstelling en die eer van GOD die mikpunt. (Fil. 2:11)

Lees die Woord biddend. (Ef. 6:18) GOD is deur Sy Gees gereed om jou lewe te verlig en jou te laat deel aan Sy grootheid. Onthou altyd: Jy is spesiaal en GOD het jou lief! Só sê die Woord van GOD! (Jes. 43:4)

Leer GOD ken uit sy Woord

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles