Slag met Koekversiering gewys

Die groepie Gansbaai-dames wat ‘n vorige Suikerkuns-kursus deur Tess du Toit suksesvol deurloop het, het verlede Vrydag en Saterdag hul slag met koekversiering gewys. Hulle het Tess se meer gevorderde Botterversiersuiker- en Koekversieringskursus deurloop en sommer goed gevaar. Hierdie keer het vier werknemers van Grootbos Foundation, onder leiding van Simoné Davel, Grootbos Foundation, ook die kursus bygewoon. “Ervaar die genotvolle kuns om u eie koeke te versier in asemrowende skeppings met botterversiersuiker,” het Tess die dames uitgenooi. Die kursus het onder andere bestaan uit die “bou” van ‘n koek, die korrekte meng van botterversiersuiker, hoe om die koek korrek “oor te trek”, die skepping van botterversiersuiker-blomme as koekversiering en veel meer. Die dames wat hulself deeglik op hoogte van sake gebring het, is Deonora de Jongh, Judy Bothma, Amanda le Roux, Anita Botha, Magda Niemand en Nazeema Johnson, asook Grootbos se gedugte span: Simoné Davel (Grootbos Foundation Project Manager), Sandra Muchanyara (Hermanus High School), Stephanie Baardman (Gansbaai Academia) en Abby Lukas (Hawston Secondary School). “Just some background as to our Grootbos Foundation Programme: It is the ABSA funded Grootbos Foundation Siyakhula Careers, Employability and Enterprise Programme.

The 3 learners present on the course have partaken in the Entrepreneurship part of the programme which is undertaken in 5 high schools in the Overberg. These learners are starting their own baking businesses with the assistance of either seed funding, mentors, workplace experience and attended the course to gain more skills into baking and cake/cupcake decorating,” het Simoné gesê.

Hardus Botha

Die vrolike groep dames tydens ‘n koekversieringskursus wat met die neem van die foto nog ietwat bekommerd oor hul vermoeëns was, maar vinnig gewys het waartoe hulle in staat is, met die aanbieder, Tess du Toit 5de van regs
‘n Opgewonde groep Grootbossers, met vlnr Sandra Muchanyara, Simone Davel, Stephanie Baardman en Abby Lukas