GBIV span die seile

GBIV span die seile

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Gansbaai Belastingbetalers- en Inwoners Vereniging (GBIV) het onlangs ‘n Spesiale Algemene Jaarvergadering belê vir die verkiesing van ‘n nuwe Bestuur. “In gevolge die grondwet van die GBIV moes die vergadering belê word ná die afsterwe van die vorige voorsitter, Tannie Gerda Wessels vroeër vanjaar,” sê Nico Naudé, die nuutverkose voorsitter. “Die vergadering het dit ook paslik gevind om ‘n oomblik van stilte te handhaaf om hulde te bring aan Tannie Gerda en haar onbaatsugtige bydrae wat sy in byna alle fasette van ons samelewing verrig het.”

Die nuwe Bestuur is Nico Naudé (Voorsitter), Ivy van Huyssteen (Ondervoorsitter) en Dedré Burger (Sekretaris/Penningmeester), met addisionele lede Phillip Rozenkranz en Maretha Geldenhuys. Mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, het die vergadering as verteenwoordiger van die munisipaliteit bygewoon. Hy het na sy 17-jarige verbintenis met Gerda verwys en het daarna die nuwe voorsitter en bestuur gelukgewens en sterkte met hul werksaamhede toegewens.

Die GBIV, by monde van die Bestuur, rig hiermee graag ‘n uitnodiging aan al die Gansbaaiers om teen R20 per jaar lede te word. “In groter getalle is ons steun baie sterker en kan ons veel meer vermag,” het Nico gesê. Die vereniging het reeds sitting in die wyksraad wat maandeliks vergader.

“Op hierdie wyse het die gemeenskap meer direkte inspraak en deelname in die werksaamhede en dienslewering van die munisipaliteit,” sê Nico. “Ons wil ook die tegnologie beter inspan om beter kommunikasie en samewerking tussen ons lede te bewerkstellig.” Belangstellendes word genooi om hulle te skakel of ‘n e-pos aan hulle te stuur. Vanaf Augustus sal vergaderings om 18:00 te Korporasiestraat 30, Gansbaai gehou word. Dit geskied elke derde Donderdag van die maand, behalwe Oktober waar die vergaderdatum die 22ste sal wees.

“Kom word deel en geniet van die beste dienslewering in die land,” is Nico se boodskap. Hy kan by 082-903-5038 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by lida.naude@gmail.com.

Hardus Botha

GBIV span die seile

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles