Tennisnuus (9 July 2015)

Tennisnuus (9 July 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op Saterdag, 27 Junie, het 34 tennisspelers bymekaargekom vir ons jaarlikse Ope Tennisdag.

Dit is 'n gemengde rondomtalie tennistoernooi. Daar was spelers van Moorreesburg, Breërivier, Worcester, Strand, Bellville, Caledon, Botrivier, Struisbaai, Bredasdorp, Swellendam, Bonnievale, Hermanus en natuurlik Gansbaai. Hierdie toernooi is vir jare gehou in Desember, maar die wind het gereeld die gehalte van die tennis belemmer en daarom is verlede jaar besluit om dit te skuif na die Junie-vakansie. Dit was 'n goeie besluit, want die weer was besonder goed - geen wind, nie te warm nie en ook nie te koud nie - ideaal vir lekker tennis. 

Die kompetisie was vanjaar besonder sterk, veral onder die A-groep se mans. Die wenners was soos volg: 

A-groep: Mans - 1 Philip van den Heever (Struisbaai), 2 Charles Robinson (Caledon); Dames - 1 Emci Dippenaar (Moorreesburg), 2 Sandra Henrico (Swellendam). 

B-groep: Mans - 1 Flip van den Heever (Struisbaai), John Morgan (Worcester); Dames - 1 Celia van Blerk (Botrivier), 2 Elmarie Swart (Swellindam). Baie geluk aan die wenners.

Baie geluk ook aan Wilma Steenkamp en Eddie Botha wat die "shark cage diving"-kaartjies gewen het.

BAIE, BAIE DANKIE aan al die besighede en mense wat so ruim bygedra het met borge, pryse en hulp: Gansbaai Marine, I&J, Prime Cut Meats, White Shark Diving Co, OK Foods, Fine&Country, Klein Kaap Kwekery, The Young Ones (Des, Pat, Dries), Dr. C Loubser, Lourens-broers (Eben, Christi), Deon en Lisel Joubert, Jas en Alta van Niekerk, Gerhard en Ansie Germishuys, Piet en Elsabie Schoombie, Patrica Ronquest en Desireè Blackburn-Hall.

Ons speel sosiale tennis op Woensdagoggende vanaf 09:30 by die munisipale bane en Saterdagnamiddae vanaf 14:00 by die Laerskoolbane. Almal is welkom om saam te speel.

Tennisgroete

Daneel Geldenhuys

Tennisnuus (9 July 2015)

Daneel Geldenhuys

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles