Birkenhead Boothengelklub se hengelaars spog met goeie vangstes met 7 bote wat ingeskryf het en al 7 wat ingeweeg het op Saterdag, 4 Julie 2015, met ‘n totale bemanning van 20 wat deelgeneem het, waarby 2 juniors en 1 dame ingesluit was.
7 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 170 met 'n totale massa van 137.8kg, wat ‘n gemiddeld van 6.89kg per hengelaar beteken.
Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Philip Fourie (Silvervis - 2.15kg); 2de swaarste vis, Raymond Rabe (Silvervis - 2.10); swaarste sak (10.65kg), Johan Burmeister; 2de swaarste sak (10.0kg), Rikus de Wet;
swaarste bootgemiddeld (9.70kg), Nu-Nu van Johan Burmeister; 2de swaarste bootgemiddeld (8.50kg), Moyeni van Rikus de Wet; Dame Swaarste sak (7.60kg), Dixie Walsh; Junior Swaarste sak (6.0kg), JP Uys.
Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (34.97kg); Relêks 2 van Jean Downing (25.86kg); Oupa van Ben Uys (24.95kg).
Mans Visvangkampioene - Philip Fourie (37.35kg); Johan Burmeister (34.90kg); Jean Downing (30.85kg).
Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (17.0kg).
Junior Visvangkampioene - JP Uys (24.5kg); Hennie Groenewald (17.7kg).
Tydens die prysuitdelingsfunksie was dit ‘n groot voorreg vir die Birkenhead Boothengelklub om Cornie Swart, President van Agri Wes-Kaap, as ‘n lid te verwelkom en in te huldig. Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 1 Augustus 2015 geskeduleer, met ‘n gesellige aandfunksie en dans die aand.
Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister (wedstrydsekretaris) by 082-895-7647 gerig word, met klubnavrae en funksie-besprekings aan Philip Fourie (voorsitter) by 082-747-3634.
Hardus Botha