Bianca en Andisiwe op suksespad

Bianca en Andisiwe op suksespad

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is duidelik dat prof Jonathan Jansen nie die Universiteit van die Oranje-Vrysaat (Kovsies) se fondse gemors het met die toekenning van volle studiebeurse aan Bianca de Koning en Andisiwe Wulana nie - twee oud-leerders van Gansbaai Academia.

Bianca was 2013 se Hoofmeisie, asook topkandidaat, terwyl Andisiwe 2014 se topkandidaat was. Altwee het vir die Junie/Julie vakansie huis toe gekom en heerlik gekuier. Bianca het haar 1ste jaar (2014) op universiteit vir die graad BSc Gedragsgenetika met 7 onderskeidings uit haar 12 modules geslaag. Tydens ‘n gesprek met haar het sy beskeie bevestig dat dit net so goed met haar in haar 2de jaar gaan.

Prof Jansen, wat Gansbaai Academia onlangs besoek het, het prontuit gesê Bianca is ‘n “darling” en sy is vir hom soos ‘n eie dogter. Bianca het gesê sy verruil haar tyd by Kovsies vir niks ter wêreld nie en praat met groot respek van prof Jansen en sê dat sy sekretaresse, Rhoda Grobler, vir haar soos ‘n ma geword het. Ongelukkig het Bianca, enkele dae na haar terugkeer na Bloemfontein, die hartseer nuus ontvang dat haar liefling-ouma, Beryl Pienaar van Gansbaai, oorlede is. Danksy ‘n borg vir haar vliegtuigkaartjie, kon Bianca wel die roudiens gister bywoon. Ondanks vele pogings, kon Gansbaai Courant ongelukkig nie met Andisiwe in aanraking kom tydens haar besoek aan Gansbaai nie. Aldus Bianca gaan dit net so goed met Andisiwe in haar eerste jaar. Sy het vir B.com Rekeningkunde ingeskryf, aangesien sy ‘n kop vir syfers het.

Altwee hierdie leerders het hul matriek onder moeilike persoonlike omstandighede met lof geslaag en daardeur gewys dat “omstandighede” nie noodwendig in die pad van sukses hoef te staan nie. Tydens prof Jansen se besoek aan Gansbaai Academia, was sy eerste opmerking: “Dit is mos hoe ‘n skool in Suid-Afrika moet lyk!”  

Hardus Botha

Bianca en Andisiwe op suksespad

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles