HaS se Dankbaarheid

HaS se Dankbaarheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Hier by die Tehuis het een van ons inwoners, in haar negentigs, gesê hoe ouer jy word, hoe vinniger loop die tyd,” vertel John van Rooyen, Bestuurder: Herberg-aan-See (HaS). “Met 2015 reeds oor sy helfte, is dit beslis waar en daarom wil ons opreg dankie sê vir al die persone en instansies wat reeds oor jare heen help om in die vinnig verbygaande tyd bydraes en ondersteuning te lewer om dit vir ons inwoners meer aangenaam te maak.” John verwys met groot dankbaarheid na Gansbaai se Goue Hande se wonderlike bydraes met stumilasie-oefeninge, eetgoed, fondsinsamelingsprojekte, vele bederf van die inwoners en veel, veel meer.

“Dankie ook aan julle vir die harde werk en voorbereidings vir ons komende basaar op 25 September,” sê John. “Francia van Dyk en haar gedugte span is lankal reeds besig met die reëlings.” John verwys ook na vele donateurs wat op gebiede soos finansies, produkte, leesstof, eetgoed en veel meer waarvoor hy opreg dankbaar is. “Die Tehuis se Gholfdag is op 3 Oktober vanjaar en moet beslis nie gemis word nie,” sê John. “Gansbaai OK Foods is ons hoofborg en ons sê byvoorbaat dankie aan Gansbaai Gholfklub wat ons gaan akkommodeer.” Vele pryse is te wen, ingesluit ‘n week se verblyf by Club Mykonos. John het ook sy opregte waardering teenoor die NG Kerk vir hul bydraes op geestelike gebied, maar ook op finansiële gebied uitgespreek, wat daartoe bydra dat 8 inwoners ten volle gesubsidieer kan word. “En ons mooi tuine by die Tehuis is aan Hennie en Aletta Lochner en hulle helpers te danke,” sê John. Eerskomende Vrydag se pannekoekbakkery by die Woekermark is ten bate van HaS. Vrydag gaan egter ekstra spesiaal wees. Twee Goue Hande, Anita Botha en Ilse Klopper gaan elk met 6 panne vanaf 09:00 tot 10:00 ‘n totaal van 67 pannekoeke vir Mandeladag bak. Diegene wat van hierdie Goue Hande al gesien pannekoek bak het, sal weet dat hierdie uitdaging kinderspeletjies gaan wees. Die res van die Woekermark sal soos normaalweg verloop. In hierdie verband sê John ook baie dankie aan Gansbaai AGS-gemeente en Blompark se VGK-gemeente vir hulle voortdurende betrokkenheid.

 Hardus Botha

HaS se Dankbaarheid

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles