Hermanus Gr 11s by Rainbow Kids

Hermanus Gr 11s by Rainbow Kids

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Vyf graad 11 leerders van Hoërskool Hermanus het onlangs saam aan ‘n gemeenskapstaak gewerk,” vertel Hayley Jordaan. “Hierdie opdrag wat hulle ontvang het vorm deel van hulle L.O. kurrikulum.”

Sy sê die eerste besluit wat die leerders moes neem, was om ‘n spesifieke behoefte in die Gansbaai gemeenskap te identifiseer en dan te besluit waar om te gaan werk. Die groepie se keuse het op die Rainbow Kids Créche in Beverley Hills geval. Die groepie wat so pragtig as ‘n span saamgewerk het, is Monique Hobkirk, Ayrton Martinengo, Mickyla Groenewald, Clara Strydom en Nicola Jordaan.

Hulle het onder andere die skoolgebou oorgeverf en ook ‘n naambord self geverf en opgesit. Verder het hulle ook geskenkpakkies met speelgoedjies en soetgoed vir die kindertjies opgemaak, asook ‘n partytjie gehou waar hulle die kinders met “hotdogs”, koek en koeldrank bederf het. “Die vyf leerders wil graag hulle opregte dank uitspreek vir die geleentheid wat hulle gehad het om iets betekenisvol vir Rainbow Kids Créche kon doen,” sê Hayley. “Hulle meen ook dat dít wat hulle aanvanklik bloot ‘n skooltaak beskou het, elkeen van hulle diep aan die hart geraak het.”

Hulle bedank ook graag elke individu en besigheid vir skenkings, donasies en die ondersteuning van hulle projek. “Spesiale dank ook aan Salmon Herselman van The Colour Box vir sy ondersteuning en professionele raad rakende die verf wat gebruik moes word.”

Hardus Botha

Hermanus Gr 11s by Rainbow Kids

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles