Jolette mal oor kursusse

Jolette mal oor kursusse

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jolette Bezuidenhout van Laerskool Gansbaai sê sy is “mal” oor kursusse. Sy is ‘n Gr 7 onderwyseres met haar vakgebied as Natuurwetenskappe en naas verlede jaar se vakansie-kursus wat sy bygewoon het, het sy gedurende hierdie vakansie weer ‘n kursus deurloop en die volgende een wag vir haar in September vanjaar - beslis ‘n positiewe manier om ‘n skoolvakansie deur te bring.

Jolette was onlangs een van 150 onderwysers van die Overberg-, Wynland-, Weskus en Metro Noord-onderwysdistrikte in die Wes-Kaap wat ‘n opwindende kursus gedurende die skoolvakansie bygewoon het. Die kursusse is by die Opvoedkunde-fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch (US) aangebied en is deur die universiteit se Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP) geborg. Op haar spesialis-gebied het sy die kursus in Natuurwetenskappe (Seniorfase: Gr 7 tot Gr 9) bygewoon, wat Fisiese Wetenskap en alles wat daarmee gepaard gaan behels. Alle kursusse word met die volle ondersteuning en hulp van die betrokke Departemente van Onderwys en hul onderskeie streke aangebied.

SUNSEP se e-leer-praktyk-gebaseerde professionele leerprogramme, aangebied in ‘n gemengde-leer-formaat, is in ooreenstemming met e-leer strategieë in die Wes- en Noord-Kaap Departemente van Onderwys. Die tablette dien as hulpmiddel om onderwysers voor te berei om deel van ‘n globale digitale onderrigomgewing te wees. Hierdie groep onderwysers sal gereed wees as die verwagte WiFi sones by verskeie skole in die Wes-Kaap gevestig gaan word. Die tablette hiervoor is vooraf gelaai met modules met interaktiewe e-lesse en die onderwysers sal vertroud raak met die gebruik daarvan in Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskap en Natuurwetenskappe. Die US se leerstrategie is ook hiermee belyn om te verseker dat onderwysers, so ook Jolette, gereed is om hierdie nuwe en opwindende strategieë in hul klaskamers te implementeer.

Hardus Botha

Jolette mal oor kursusse

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles