Woensdag 8 Julie - Sloegters
1) G Hunt 36, 2) J Brandt 35, 3) D Victor 35, 4) J Rahn 34
D de Kock maak 'n Arend op die 6e! Mooi so Dicky!
Naaste aan die penne is gewen deur E Engelbrecht en George Hunt.
Vrydag 10 Julie - Hoender
1) G Hunt 21, 2) S Wessels 20, 3) S Dreyer 20, 4) D vd Merwe 19
Spog twee's word behaal deur G Hunt (sommer 2) en D vd Merwe.
Naaste aan die pen is gewen deur Andre Coetzee.
Saterdag 11 Julie - ZONART LABOUR se Beeskraal Ope
Tollies ( ouderdom 0 tot 40)
1) D vd Merwe 39, 2) P Loubser 33, 3) M Tobias 32, 4) A Slabbert 30
Bulle ( ouderdom 41 tot 60)
1) S Dreyer 38, 2) A Coetzee 36, 3) S May 36, 4) P Swarts 35
Osse ( ouderdom 61 tot Biltong)
1) D Victor 37, 2) G Hunt 36, 3) D Viljoen 34, 4) J Kruger 33
Koeie
1) J Brandt 34, 2) G Esterhuizen 30, 3) M Davin 28, 4) J Rahn 26
Die gemiddeld van die spelers per groep is bereken en die Bulle het die spankompetisie gewen (29.52)
gevolg deur die Koeie, Osse en Tollies.
Algeheel vir die dag was die wenners as volg:
1) D vd Merwe, 2) S Dreyer, 3)D Victor en 4) A Coetzee
Naaste aan die penne is gewen deur Piet le Roux, Stanley May en Daniel vd Merwe.
P Bredenkamp het 'n Arend behaal.
Spog twee's is behaal deur D vd Merwe (2), R Roux en P le Roux.
Baie dankie aan Bev Swart Jnr van ZONART LABOUR vir die lekker vleis-pryse en wyn wat die spelers gewen het!
Dit was voorwaar 'n heerlike dag vol pret en samesyn, en die pryse fantasties! Dit word baie waardeer deur almal!
Baie dankie ook aan Malcolm Bury wat die Koeie se speensalf geskenk het!
Dankie ook aan Stanley van Gansbaai Spar vir die mooi verpakking van die vleis -pryse.
Sterkte aan ons liga-span wat Saterdag teen Kleinmond speel in die 1e van 2 semi-finaal wedstryde om die wenners van
die Overberg streek te beslis.
ONTHOU 6 Aug 2015 - Algemene Jaarvergadering om 15h30. Nominasiebriewe by klub beskikbaar.
Groetnis, Andre Roos
GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441 Fax: 028 384 1225 E-mail: gbgholf@gmail.com