Onderhoud

Onderhoud

Gansbaai Courant

Indien jy ‘n paar mooi silwervisse wil vang, probeer in die dieper water (so tussen 40 en 60 meter). Daar is baie vlakker, maar die kleintjies vreet jou op! Dit lyk ook asof die groter snoek so skelm-skelm begin nader staan en mooi roman is  aan die byt.

Onderhoud van jou boot en wat daarmee gepaard gaan is een aspek wat dikwels nie die aandag kry wat dit verdien nie. En baiemaal is dit iets wat baie ernstige gevolge kan inhou. Die probleem is natuurlik dat daar soveel verskillende stelsels is wat elkeen sy eie behoeftes het dat dit ‘n onbegonne taak sal wees om na selfs ‘n paar van hulle te verwys. Wat ek eerder sal doen is om die noodsaaklikheid van onderhoud in die algemeen te beklemtoon met enkele gevalle as voorbeeld.

‘n Beginner skaf gewoonlik ‘n boot aan en dié en die motors kry gewoonlik die bes moontlike aandag. Somtyds word daar ook maar rondgeval voordat die ideale kombinasie gevind word. Dan begin die jare verbygaan en die boot word al meer gebruik (en die tyd daaraan bestee, al minder). Daar is ook ander prioriteite wat kostes betref en daar word dikwels self na dinge soos onderhoud gekyk. Jy kry so ‘n soort van middeweg. Die boot en motors gee nie juis probleme nie en as daar fout kom, word ‘n plan gemaak en self ingeklim. So gaan die tyd verby. Veiligheid pla slegs hier in die agterkop!

Nou, die realiteit. Probleme is nie altyd ooglopend nie. Kom ons vat maar as voorbeeld die ratkas(te) van jou motor(s). Water wat daar inkom maak die olie oneffektief. Eers wanneer jou ratte probleme gee word aandag hieraan geskenk. Daar is nog ‘n magdom ander aspekte waarna gekyk moet word. Jou motor self moet altyd in goeie werkende kondisie wees. Dit sluit ‘n goeie en gereelde diens in. Al daardie kabels, die elektriese stelsel, batterye, verskeidenheid ratte. Ook die algemene kondisie van die boot. Die dek wat geverf en behandel moet word om te verhoed dat jy gly, is baie belangriker as wat dit lyk. Wanneer laas het jy jou veiligheidstoerusting nagesien? Ja, ek weet dit is deel van die jaarlikse toets, maar hoe lyk jou mediese gedeelte daarvan? Eers wanneer jy ‘n hoek êrens uit jou liggaam moet slag en die wond benodig behandeling, gaan jy ernstig begin soek daarna. En weet jy nog hoe werk jou verskillende noodfakkels? Dit gaan nie baie help wanneer die nood druk en jy moet nog instruksies lees nie!

Wanneer jy op see is en die weer pak saam, dis dalk mistig en die water onbeskof en dis tyd om huis toe te gaan  --  dan is nie die tyd om probleme op te tel nie. Stel jou voor, jy wil by die hawe in (Kleinbaai is ‘n goeie voorbeeld) en die een motor vrek, of jou ratte wil nie werk nie, of, omdat die boot water lek weens een of ander rede  --  dan is daar groot rede tot kommer. Dit kan natuurlik ook gebeur indien jou boot pas ‘n deskundige diens gehad het, maar is dit met jou die geval? Jy wil minstens weet al jou toerusting is goed na gekyk en die onderhoud gedoen, en jy het vertroue daarin. Jy kan ook vrae vra oor die toestand van jou draadloos, jou GPS en alles wat kan sorg dat jy veilig terug in die hawe beland. In ander woorde, daar kan altyd probleme wees, maar laat dit nie jou eie skuld wees nie, en net omdat jy nie die onderhoud gedoen het nie.

Doen maar die nodige en geniet die tyd op see.

Groete, Seemeeu

Onderhoud

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles