Alida maak hengel-geskiedenis

Alida maak hengel-geskiedenis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Saterdag was dit weer Hengelkompetisie te Pearly Beach deur die Pearly Beach Hengel- en Ontspanningsklub. Isolde Smith, sekretaresse van die klub, vertel dat Alida Strydom behoorlik geskiedenis gemaak het.

“Alida is die eerste dame in ons klub om ‘n hengelkompetisie te wen,” vertel Isolde. “Hierdie prestasie het sy behaal deur twee galjoene van onderskeidelik 1.25kg en 1.4kg te vang, asook ‘n steenbras van 2.45kg!” Isolde sê al was Deon Strydom se sak swaarder, het Alida se visse meer punte getel en was sy die kompetisiewenner. Deon het darem 2de met swaarste sak en grootste vis gekom, met Ewan Swart 3de, Dennis Morries Jr 4de en Jaycee Krynauw 5de. Sy sê Alida wen natuurlik ook die dameskompetisie, met Fanie du Toit wat die seniors se kompetisie gewen. In totaal was daar 55 deelnemers, met 9 hengelaars wat 16 visse ingeweeg het. “Na die inweeg het almal lekker by die Winter-kersligete saamgekuier, waar Gian Groen en Green Liberty ons met hulle uitstekende musiek vermaak het,” sê Isolde. “Dankie aan al die deelnemers, ondersteuners en borge wat bygedra het om die dag so ‘n sukses te maak.”

Klubnavrae kan aan Isolde Smith by 084-320-8613 gerig word.

Hardus Botha

Alida maak hengel-geskiedenis

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles