Randall Wicomb in Gansbaai

Randall Wicomb in Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Goeie nuus vir aanhangers van Randall Wicomb is dat hy eersdaags in Gansbaai gaan optree.

Die NG-gemeente se Vrouediens reël ‘n oggend vir Mans en Dames saam met hom in die Pretoriussaal. Dit beloof om ‘n gesellige oggend te wees, met ‘n smaaklike ete en heerlike saamkuier.

Randall word as een van die ikone in die Suid-Afrikaanse musiek-bedryf beskou en het oor meer as vier dekades grens verskuiwende werk met sy toonsettings en vertolkings van Afrikaanse volksliedjies gedoen. Hy is ‘n gebore Kapenaar wat sy Honneursgraad in Ekologie verwerf het en eers by die Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch onderwys gegee het, met verskeie Goue Status musiektoekennings wat hy reeds vir sy uitreikings ontvang het. Sedert 2000 het Randall met sy toonsettings van Hans du Plessis se Griekwa Psalms meer as vyftig vertonings in ‘n jaar deur Suid-Afrika gehad. Hiervoor is hy deur die die ATKV vereer in die katagorie ‘Beste Gospelsanger’. Sy toonsettings van Adam Small se verse op die CD “Oos Wes, Tuis Bes” is deur Die Burger as Album van die Jaar (2003) bekroon. Randall se ervaring as koorlid van die Stellenbosch Universiteitskoor onder leiding van die legendariese koormeester Philip McClaglan, gee besondere diepte aan sy toonsettings en uitvoerings wat van die gewone iets buitengewoon besonders maak. Vandag, na meer as veertig jaar in die musiekbedryf, dwing sy nimmereindigende energie, liefde en passie vir musiek steeds bewondering af. Hy sing ook graag eenvoudige ballades, dramatiese en tot gereformeerde toonsettings wat in die Giekwa Psalms en ander verse-styl is. Hy is reeds vir vele jare ‘n kopersmid, stel ook belang in pottebakkery, Bonsai plante  en astronomie. Randall gaan op Saterdag, 8 Augustus 2015 om 09:00 vir 09:30 in die Pretoriussaal ten bate van die NG Kerk Vrouediens optree. Kaartjies beloop R100 per persoon, waarby ‘n ete ingesluit is. Vir kaartjies kan Elcine Hulme by 028-388-0814 of 082-564-1959 geskakel word.

Hardus Botha

Randall Wicomb in Gansbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles