Gesellige Sakekameraand

Gesellige Sakekameraand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Sakekamer het, onder voorsitterskap van Kobus van Staden, ‘n gesellige lede-aand gereël. “Die doel was dat die lede vir die eerste keer gesellig saam met die nuutverkose komitee kon verkeer,” sê Kobus van Staden, voorsitter.

Twee gassprekers, Johan Reyneke van “Swellie Watch” en Gabbi Jonker van Flower Valley Development Centre is genooi om die lede te kom toespreek. Gabbi het na die uitstaande ontwikkeling en groei van Flower Valley Development Centre verwys en die lede gevra om hulle Mandeladag aktiwiteite te ondersteun.

“The four early learning schools in the region are Flower Valley’s Early Learning Centre on Flower Valley Farm, Dolfyntjies in Pearly Beach and Takalane and Good Hope ECD Centres, both in Masakhane,” het sy gesê. Die hoofgasspreker was Johan Reyneke. “Na my besoek aan Swellendam, het ek Johan hierheen genooi om inligting beskikbaar te stel om ‘n soortgelyke Kamera Projek in Gansbaai te loods, veral teen perlemoenstropers en ander misdade,” het Kobus gesê.

Johan is die Programbestuurder van die Swellie Watch Kamera Projek in Swellendam en sy gesprek met die lede het kortliks op die volgende neergekom: “Swellie Watch is ‘n geregistreerde NPC Projek wat deur Swellendam gemeenskap, in samewerking met die munisipaliteit bedryf word. Die kameras is ‘n LPR sisteem wat motors se nommerplate lees en op so 'n manier bendes, smokkelaars, dwelmagente en booswigte, met SAP Saaknommers teen voertuie, kan uitwys en opspoor. Die stelsel is per sagteware data verbind aan plekke in die Kaap, Worcester, George, ens. Dit maak dit moontlik dat dorpe in die Wes-Kaap kan hande vat en saamwerk om dit wat vir ons kosbaar is, effektief te kan beskerm teen booswigte.” Kobus het die lede gevra om ernstig hieroor na te dink.

“Dan doen ek ook ‘n ernstige beroep op alle lede, asook alle besighede en die gemeenskap om bloed te skenk, gesien in die lig van die geweldige tekort aan bloed wat tans heers,” het Kobus ook gesê.

Hardus Botha

Gesellige Sakekameraand

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles