Gansbaai Courant se redaksie het besluit om lesers weer die geleentheid te bied om “Nuusbrokkies vanuit die gemeenskap” te plaas. Dit moet gesien word as relevante en interessante inligting oor mense en hul doen en lates. Voorbeelde hiervan is onder andere ernstige siektes of hospitalisasie, verlowings, huwelike, geboortes, vreugde of hartseer van gesinne of individue, prestasies behaal deur gesinne of individue en ander interessante gebeure waarvan lesers kennis kan neem.
Kennis moet geneem word dat elke “Nuusbrokkie” eerstens feitelik korrek moet wees en tweedens kort en bondig moet wees. Dit sal ook onderhewig wees aan redaksionele goedkeuring alvorens dit geplaas word. Die bedoeling van “Nuusbrokkies” iss allermins dié van ‘n “skinderkolom” in Gansbaai Courant. Mooi, positiewe en interessante inligting kan tot groot vreugdes in hierdie weeklikse artikel lei.
Op Saterdag, 18 Julie 2015 om 12:45 het ek my selfoon in Gansbaai Superspar verloor. Gedurende 'n gesprek by die navraetoonbank, het die dame in beheer onmiddellik my nommer geskakel en ‘n werknemer van Wimpy, by name Nomsipho het my foon geantwoord. Met behulp van die Spardame kon ons die foon terugkry. Dankie vir almal wat betrokke was se hulpvaardigheid en die eerlikheid van die Wimpy-werknemer.
Mooi-so Gansbaai se mense!
Jack Gryffenberg