Gansbaai Courant ontmoet Fijnbosch

Gansbaai Courant ontmoet Fijnbosch

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit was Olga Swanepoel van die Wacky Whalers Kwiltgroep in Gansbaai se (Nederlandse!) opmerking tydens Gansbaai Courant se fotosessie van ‘n spesiale kwilt met Gansbaai Fijnbosch daarop uitgewerk.

“Elke jaar beplan ons ‘n spesiale kwiltwerk waarvoor lootjies verkoop word om aan ‘n liefdadigheidsorganisasie te skenk,” vertel Olga. “Ons het besluit ons is moeg vir bedel vir lootjie-verkope en het besluit om ‘n ander roete te volg.” Die groep het toe besluit om ‘n spesiale kwilt van hoogstaande gehalte te maak wat vir dieselfde doel opgeveil kan word. Hulle het die “Gansbaai Fijnbosch” kwilt, ‘n kleurvolle kwilt van 2.09m by 2.40m, vir die 18de Suid-Afrikaanse Kwiltfees gedurende Julie vanjaar in Durban ingeskryf. Die dames se stoutste verwagtinge is oortref: ‘n Tweede plek vir hulle kwilt by ‘n baie groot Kwiltfees! “Uitstekende en opbouende opmerkings is in die 3 beoordelaars se bevindinge ingebou,” vertel ‘n trotse Olga.

“Ons het ‘n jaar en 3 maande aan die kwilt gewerk, wat nou teen R18,000 beskikbaar is.” ‘Local is Lekker’ is as tema voorgestel en Olga het die patroon ontwerp. Sy het die kwilt in 18 blokke opgedeel en inheemse blomme aan Gansbaai geskets, met die lede wat kon kies watter blom hulle voor kans sien en die dames het begin besig raak.

Die lede wat aan die kwilt gewerk het, is Adrie Wessels, Grietjie Meyer, Hettie Lass, Lydia Voigt, Mausie Pienaar, Margaret Clarence, Mariana Meye, Nettie le Roux, Olga Swanepoel, Rentia van Jaarsveld, Rika Hoffman, Suzette Reyneke en Liz Levey. Appliek- en borduurwerk moes gedoen word en vele lappies moes uitgesoek en uitgeruil word om by die kleurskemas aan te pas. Van die dames het meer as een blok geneem en toe dit gereed is, het hulle bymekaargekom, waarna ‘n paar stroke gesny is om tussen die blokke in te voeg om dit aanmekaar te heg.

“Dit was ‘n gemeet en gepas en gesny en gestik vir die vale en Mausie het elke blom se botaniese naam met haar borduurmasjien aangebring,” vertel Olga. “Ek en Rentia is biblioteek toe vir navorsing oor inheemse skoenlappers van ons omgewing, wat toe met materiaalverf geskilder is om tussen die blomme aangebring te word.” Olga sê die Wacky Whalers het tussendeur nog 3 kwilts voltooi wat aan Standford Kinderhuis geskenk is sodat die kinders lekker warm kan slaap.

Belangstellendes in kwiltdinge kan vir Rika Hoffman by 028-384-1697 of 072-691-7675 skakel.

Hardus Botha

Gansbaai Courant ontmoet Fijnbosch

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles