Gansbaai Superspar spring sommer nou reeds aan die werk vir 2016 se Mandeladag.
“Ons is besig met ‘n hekelprojek en lei van ons damespersoneel op om te hekel deur 67 minute vir 3 dae ‘n week vir Mandela af te staan,” vertel Riana Enslin van Gansbaai Superspar. “Ons vertrou dat hierdie vaardigheid aan hulle dogters oorgedra sal word.”
Sy sê die personeel skenk self elke maand wol, maar uit die aard van die saak is dit onvoldoende. ‘n Beroep word op Gansbaaiers gedoen om hulle met wolskenkings te ondersteun, wat by die winkel afgelewer kan word. Die artikels wat gedurende die jaar gemaak word, sal op 2016 se Mandela Dag aan die gemeenskap geskenk word. “Hierdie projek het alreeds 'n positiewe invloed op die damespersoneel en almal is baie entoesiasties daaroor,” sê Riana.
Hardus Botha