Gelukkig is almal wat....

Gelukkig is almal wat....

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van GOD is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”

(Mat. 5:3 – 1983 Vertaling)

Dalk ken jy hierdie volgende vertaling van Matteus 5:3:

“Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” (Mat 5:3 - 1953 –Vertaling)

Of die vertaling in Die Boodskap: “Gelukkig is almal wat van GOD se goedheid en sorg afhanklik is. Hulle sal definitief ’n plek kry in Sy nuwe wêreld.”

Dit maak nie saak watter vertaling jy van die Bybel, GOD se Woord,  lees nie: Jy is op soek na GOD se wil en jy wil gelukkig wees, geseënd wees. (“Blessed are the poor in spirit: for theirs is the kingdom of heaven.”  (Mat 5:3 – King James) O, hoe soek ons nie geluk in die daaglikse, aardse dinge nie. Ons dink baie geld kan ons gelukkig maak – dalk kan dit vir ’n kort rukkie ons tevrede laat voel, maar gou ontdek ons geld is nie alles nie. Ook nie ’n mooi motor, ’n spoggerige huis of die beste selfoon nie! Een mooi oggend word elkeen van ons wakker en dan ervaar ons hierdie gat in ons lewe. En Jesus weet dit. Daarom begin Hy Sy eerste groot preek op aarde met die volgende woorde: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van GOD is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” (Mat. 5:3)

Hierdie vers is die deur na ware lewensgeluk. As jy werklik geseënd wil lewe moet jy besef:

In hierdie wêreld is ek eintlik baie arm as ek nie leer om van GOD afhanklik te wees nie!

Dit is die basiese beginsel van GOD se koninkryk. Armoede. Ja, jy het reg gelees. Armoede. Dié mens wat besef dat niks jou kan ryk maak, nie geld of goed, vriende of die regte werk  nie, net ’n oorgawe aan GOD, kan jou werklik gelukkig maak! Dit is wat arm van gees beteken. Om te weet jy is arm op hierdie aarde lewe – maar ryk as jy GOD ken. Daar is niks wat jou groter geluk, bevrediging kan gee as dat jy weet jy ken Jesus as jou Verlosser nie. Om daagliks in ’n intieme verhouding met Jesus te lewe, waar jy met Hom gesels oor jou pyn, jou geluk, ja, alles wat jy aan kan dink – dit is geluk! Dit is oorgawe aan GOD!

Hoe kry ons hierdie ware geluk? GOD gee dit aan jou deur Sy Heilige Gees! Van die oomblik wat jy hierdie nuwe lewe (wedergeboorte) van GOD af kry (Hy gee dit!) – ja, die oomblik toe jy Jesus as jou persoonlike Verlosser aanvaar het en Sy Naam bely het – het hierdie pad van geluk begin. Dis is ’n pad wat jy moet stap. Tree vir tree. Woord vir woord. Lees GOD se Woord. Bid vir leiding. Word stil. Luister. Lees weer Sy Woord. Gee oor aan GOD. Ervaar Sy vrede. Gee alles oor. GOD weet die beste. GOD is geluk! Jy is geseënd!

Gelukkig is almal wat....

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles