Monstersaad - Madelein Rust

Monstersaad - Madelein Rust

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Kategorie: Sielkundige riller

ISBN: 978-0-7993-7582-4

Monstersaad is ’n ryklik geskakeerde, veelvlakkige sielkundige riller. Daar is verskeie storielyne wat deurmekaar loop.

Renata Malan is ’n forensiese sielkundige, die erfgenaam van ’n man wat haar as proefkonyn gebruik het. Haar biologiese pa is ’n veroordeelde reeksmoor-denaar.

Renata gaan studeer dus sielkunde om haarself te verstaan, net om te leer dat sy dit nooit op haar eie sal regkry nie.

Sy leer wel heelwat van kriminele en hulle denkpatrone – stam sy nie immers af van ’n berugte moordenaar nie?

Wanneer ons Renata leer ken, is sy ’n vennoot in Malan en Coetsee Privaatondersoeke. Hulle word genader om die skynbare selfmoord van ’n sewentienjarige meisie, Melissa Verhoef, te ondersoek. Aanvanklik dink Renate hulle mors tyd en geld – die kind het inderdaad selfmoord gepleeg. Dan kyk sy dieper en besef alles is nie so eenvoudig soos dit lyk nie.

Soos Renata dieper delf in Melissa Verhoef se dood, krap sy ook rowe in haar eie gemoed af.

Sy bloei teen die einde van die boek, op vele maniere.

Dit is uiteindelik ’n donker boek hierdie, maar daar is ongetwyfeld hoop teen die einde.

Die skrywer en kritikus, Alta Cloete, sê oor Madelein Rust se debuut, Die 13de kaart: “Die verhaal lewe met ’n hele aantal interessante, oortuigende newekarakters wat menslikheid en egtheid in die milieu van wreedheid en moord indra.”

Hierdie tweede boek beloof om veel meer vir Madelein Rust se loopbaan te beteken as haar debuut.

Monstersaad - Madelein Rust

LAPA

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles