Overberg Kushengelklub spog

Overberg Kushengelklub spog

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Na Vrydag se omgekrapte weer en wind, was Saterdag, 18 Julie 2015 se sonskyn baie welkom vir die vissermanne,” vertel Elba Tredoux.

“Pragvangstes is dan ook deur verskeie van die klublede ingeweeg - die beste vir die jaar.”

Sy sê Morné Olivier het hulle weer eens nie teleurgestel nie en het ‘n totale sak van 7.66kg ingeweeg. Altesaam het hy 4 spesies ingeweeg, naamlik Galjoen, Kolstert, Steenbras en Kabeljou. “Pragtig, Morné!”

Dan het ‘n besoeker, Anthony Melly, met die louere van die 2de swaarste sak weggestap - 5.58kg. Hy het ook die prys vir die grootste vis ontvang - ‘n pragtige Steenbras van 4.08kg.

Overberg Kushengelklub se volgende hengelkompetisie is vir Saterdag, 8 Augustus 2015 geskeduleer. “Dit is ‘n langnaweek en ‘n uitnodiging word gerig aan alle besoekers aan ons mooie omgewing, asook persone wat belangstel om by die klub aan te sluit,” sê Elba. “En as jy lus is vir lyn natmaak en gesellig saamkuier, kontak gerus ons Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 028-384-1333.” Elba bedank graag die klub se getroue borge: Fish Fewer, Buitesteen Pub & Grill en Gansbaai Liquor Land.

Vir algemene klubnavrae kan Elba Tredoux by 082-351-2304 of 028-388-0092 gekontak word.

Hardus Botha

Overberg Kushengelklub spog

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles