“Na Vrydag se omgekrapte weer en wind, was Saterdag, 18 Julie 2015 se sonskyn baie welkom vir die vissermanne,” vertel Elba Tredoux.
“Pragvangstes is dan ook deur verskeie van die klublede ingeweeg - die beste vir die jaar.”
Sy sê Morné Olivier het hulle weer eens nie teleurgestel nie en het ‘n totale sak van 7.66kg ingeweeg. Altesaam het hy 4 spesies ingeweeg, naamlik Galjoen, Kolstert, Steenbras en Kabeljou. “Pragtig, Morné!”
Dan het ‘n besoeker, Anthony Melly, met die louere van die 2de swaarste sak weggestap - 5.58kg. Hy het ook die prys vir die grootste vis ontvang - ‘n pragtige Steenbras van 4.08kg.
Overberg Kushengelklub se volgende hengelkompetisie is vir Saterdag, 8 Augustus 2015 geskeduleer. “Dit is ‘n langnaweek en ‘n uitnodiging word gerig aan alle besoekers aan ons mooie omgewing, asook persone wat belangstel om by die klub aan te sluit,” sê Elba. “En as jy lus is vir lyn natmaak en gesellig saamkuier, kontak gerus ons Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 028-384-1333.” Elba bedank graag die klub se getroue borge: Fish Fewer, Buitesteen Pub & Grill en Gansbaai Liquor Land.
Vir algemene klubnavrae kan Elba Tredoux by 082-351-2304 of 028-388-0092 gekontak word.
Hardus Botha