Gansbaai Primêr spog met twee nuwe aanstellings met ingang van 1 Julie 2015.
Hulle is Maresa de Villiers as Departementshoof: Grondslagfase en Melissa Doyle as Opvoeder: Gr 3. Maresa is ‘n ervare dame wat haar studies in 1985 aan die Cape Peninsula University of Technology (CPUT) se Wellington-kampus voltooi het. Sy was vir 3 jaar by die Laerskool Simonsberg in Kraaifontein betrokke, waarna sy aan en af skoolgehou het, onder andere by Laerskool Brandvlei in die Karoo. Sedert 2000 was sy vir sowat 13 jaar by Laerskool Theo Wassenaar in Johannesburg betrokke. In 2013 aanvaar Maresa ‘n pos by De Bron Primêr in Stanford. Maresa is getroud met Pieter de Villiers en die egpaar woon in Franskraal. Die egpaar het ‘n dogter, Doré (21) wat besig is met haar studies aan die Universiteit van Stellenbosch, asook ‘n gestremde seun, PG (25) wat by hulle inwoon. Melissa het in 2012 haar studies ook aan CPUT se Wellington-kampus voltooi en is tans besig met haar Honneurs in Onderwysbestuur aan die Universiteit van Suid-Afrika.
Sy was vir 3 jaar aan die Laerskool Hendrik Louw in die Strand betrokke en daarna vir 6 maande by Laerskool Gansbaai. Melissa is met Jonathan de Villiers, ‘n onderwyser van Laerskool Gansbaai getroud. Die egpaar het nog nie kinders nie en woon in Kleinbaai. Dan is Melisa ook deel van Gansbaai Melodrama se gedugte 2015-span. Die skool het ook 5 proefstudente vir die tydperk 20 Julie tot 14 Augustus, almal tweedejaars-studente van CPUT se Wellington-kampus. Hulle is (alfabeties) Anja Voigt, Bianca Germishuizen, Chanté Esterhuizen, Hannemie de Jongh en Lisa-Mari Brand (‘n Gansbaaier). Gansbaai Courant wens graag vir Maresa en Melissa geluk met hul aanstellings en wens hulle sterkte toe.
Welkom ook aan die proefstudente en sterkte ook aan julle met die proeftydperk.
Hardus Botha