Trotse Naledi Uitgewers

Trotse Naledi Uitgewers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ons kondig met trots aan dat Simon Bruinders se debuutroman, Die Sideboard, reeds vanaf 27 Julie 2015 op RSG voorgelees word,” skryf Johan Coetzee van De Kelders en eienaar van Naledi Uitgewers in sy Julie-nuusbrief.

Simon gesels opgewonde oor sy boek wat op 5 November 2015 by Monte casino debuteer as ‘n musiekblyspel, met Duncan Johson wat die hoofrol in dié treffende verhoogstuk speel. Kortliks kom Simon se boek, wat deur Naledi Uitgewers gepubliseer is, op die volgende neer: Dit is die jaar 1939 en die wêreldgeskiedenis sou onherroeplik verander - ‘n Waterskeidingsjaar vir die Afrikaner. By George onder die Outenikwaberg, kom ‘n ongeletterde Abraham tot die besef van die belangrikheid van boekgelerentheid. Abraham droom van ‘n familie met Stella, die jong onderwyseres. Om eendag kinders op sy eie grond groot te maak.

Só begin sy lewensreis, deur Sentraal Afrika tot by Egipte.

 En dan weer terug na George se vrugbare grond. Die swarthout en geelhout, waaruit hy ‘n sideboard vir Stella wil maak.  

Deur sy lewenstryd word die sideboard ‘n huisaltaar - ‘n simbool van geloof. Voortdurend bedreig en byna deur die vuur vernietig. Die Sideboard is ook die verhaal van Abraham se vriendskap met Kobus, die jong Afrikaner.

Twee militêre geskiedenisboeke, Eye of the Firestorm (Genl-Maj Roland de Vries) en Rooiplaas (Renier du Toit en Ronnie Classen) word ook in die nuusbrief bespreek. Binne die volgende paar weke sal Naledi ook Randall Wicomb, wat op 8 Augustus in die Pretoriussaal gaan optree, se Outobiografie die lig laat sien. Etlike skrywers in die onmiddelike omgewing het al onder Johan se Naledi-hande deurgeloop. 

Vir boekliefhebbers sal dit ook insiggewend wees om Naledi se nuusbrief gereeld te ontvang. Al Naledi se publikasies kan op Johan se webtuiste,

www.naledibooks.co.za, gesien word en hy kan ook by 083-454-3516 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by naledi@mweb.co.za.

Hardus Botha

Trotse Naledi Uitgewers

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles