Reuse SA Jongwyn-Kragmeting

Reuse SA Jongwyn-Kragmeting

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“‘n Reuse SA Jongwyn-kragmeting is in die vooruitsig gestel,” vertel Marlene Truter van SA Jongwyn.

“‘n Rekord 2,163 jongwyne, tien persent meer as verlede jaar, sal hul staal wys tydens die 2015 SA Jongwynskou-beoordeling by die Nederburg-Veilingkompleks wat vandeesweek op 27 tot 31 Julie in die Paarl plaasvind.” Die organiseerders van die kompetisie, die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV), is van mening dat die kategorieë vir Shiraz en Chenin Blanc vanjaar die grootste aantal inskrywings gelok het (178 elk), gevolg deur Cabernet Sauvignon (153) en Sauvignon Blanc (147).

“Spesialispanele bestaande uit sewe gekwalifiseerde wynbeoordelaars in elk van die klasse sal die jongwyne deeglik op die proef stel,” sê Marlene.

“Soos in vorige jare word ‘n agste leerlingbeoordelaar op elke paneel ingesluit, wat opkomende wynproeërs die geleentheid sal bied om hul evalueringsvaardighede te slyp tydens hierdie marathon-proesessie.”

Die junior beoordelaars se punte-toekennings sal nie by die finale tellings ingereken word nie. Deelnemers ding mee om SA Kampioentrofeë in 17 klasse.

Witwynklasse sluit Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Sémillon, Ander Wit Kultivars, Droë Wit Versnitte, Effe-droë Witwyne en Edellaatoes in.

In die klasse vir rooiwyne sal die kompetisie fel wees vir trofeë vir die beste Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon, Merlot, Ander Rooi Kultivars en Droë Rooi Versnitte. Verder sal die beoordelaars sal ook die beste Port, Dessertwyn en Muskadel tussen die magdom van inskrywings identifiseer.

Aan die einde van die kompetisie sal een jongwyn uit die meer as 2,100 ingeskrewe wyne as die Algehele SA Kampioen Jongwyn gekroon word en die Generaal Smuts-trofee ontvang.

Die gesogte Pietman Hugo-trofee vir die kelder met die hoogste telling vir inskrywings in vyf kategorieë sal ook op die spel wees.

Die wenners sal op die 2015 SA Jongwynskou-toekennings se gala-aandete aangekondig word.

Vir meer inligting kan Marlene by 083-294-6060 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by

marlene@marlenetruter.co.za, of besoek hulle webtuiste by www.marlenetruter.co.za.

Hardus Botha

Reuse SA Jongwyn-Kragmeting

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles