Toerisme verteenwoordigers kuier hier

Toerisme verteenwoordigers kuier hier

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

"Wesgro reël konferensies vir verteen-woordigers van Toerisme organisasies van-uit alle Weskaapse streke kwartaalsgewys," vertel Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme.

"Die onlangse konferensie was vir die Overstrand ge-oormerk, met verteenwoordigers vanuit verskillende streke in die Wes-Kaap. Die groep was verlede Donderdag en Vrydag betrokke by ‘n konferensie te Stanford Valley wat deur Joanne Kunz van Cape Whale Coast gereël is. Hulle kon voor die aanvang van die konferensie as vrywilligers aan aktiwiteite, soos deur Gansbaai Toerisme gereël, deelneem. Hulle sou vroeg die oggend op ‘n walvisbesigtigingsrit saam met Ivanhoe Sea Safaris uitgaan, maar weens gure weersomstandighede kon dit nie realiseer nie.

Plan B is deur Glenda in werking gestel met ‘n kort besienswaardigheidstoer van sowat twee ure in die omgewing. Walvisse te De Kelders is besigtig, waarna die groep na die Dangerpoint Vuurtoring geneem is. Nadat hulle die pragtige omgewing daar besigtig het, is hulle na die African Penguin and Seabird Sanctuary (APSS) geneem.

Heerlike verversings is geniet terwyl Xolani hulle oor APSS ingelig het. Daarna is hulle terug na die Gansbaai Toerismekantoor, vanwaar hulle na Stanford vir die konferensie vertrek het. Hulle was vol lof vir hierdie pragtige omgewing wat hulle besigtig het.

Die op-en-wakker Toerismepersoneel, onder leiding van Glenda, kan by 028-384-1439 geskakel word, of stuur ‘n epos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net, of op Facebook (gansbaai-tourism) of twitter (@gansbaaitourism). Gansbaai Toerisme se opwindende webtuiste is www.gansbaaiinfo.co waar vele kosbare inligting bekom kan word.

Hardus Botha

Toerisme verteenwoordigers kuier hier

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles