Die Skaapkopete ten bate van die NG-gemeente Baardskeerdersbos op 25 Julie vanjaar spreek weer eens van groot suksesse.
102 Skaapkoppe is deur 12 Uur Kop Skaapkopgilde van Swellendam gaargemaak en “verorber”, sonder nog die vele Braaivleisetes met kerrie sosaties en Hoender Gordon Bleu’s. Bykomend was tuisgebakte brood, 3 groentes en malva-poeding. Die gesellige geleentheid is weer te Uilenes aangebied. Die skaapkopeters het heerlik gesmul, terwyl baie van die nie-skaapkopeters glimlaggend in hul rigting geloer het.
“Ons legende, Manie Groenewald en sy orkes was ‘n groot gemis, met Manie wat tuis aansterk na hospitalisasie,” sê Aletta Groenewald. “Die fondse is vir Baarskeerdersbos se NG Kerkgebou bestem vir verbeterings aan geboue en ons bedank graag alle werkers en ondersteuners van harte vir ‘n baie suksesvolle aand.”
Hardus Botha