Maak die beste gebruik van elke geleentheid!

Maak die beste gebruik van elke geleentheid!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die HERE wil dat julle moet doen. Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul!” (Efes. 5:15-18)

Het jy al ooit branders gery, of  gekyk hoe die jongmanne branders ry? Jong, dit lyk lekker – en dit is ’n sensasie! Jy en jou vriende sit op agterste deinings en wag vir die branders wat in sulke reekse kom. Die goeie branders kom net so af en toe en jy moet gereed wees om die bestes te vang. Wanneer die reeks branders inkom weet jy daar gaan nie tien of meer goeie wees nie, nee, gewoonlik is dit so drie of vier. Jy moet dan ook in die regte posisie wees, anders mis jy die branders wat “opstaan”! Daar is min dinge so lekker soos om ’n reuse brander te vang en teen sy spieëlgladde wand af te gly met die wit skuim wat agter jou raas...dis net jy en die brander....!

Hierdie week was daar een of twee baie mooi sonskyndae sonder wind. Ek en Linda het langs die see gestap en elke oomblik daarvan geniet, want ons het geweet dat daar later in die week kwaai storms kom en dan kan ons nie buite wees nie. Branders ry en die mooi dae wat ons hier in die Overberg kry, herinner my aan die verse in die Bybel wat sê ons moet die beste gebruik maak van elke geleentheid....

Daar is baie geleenthede wat GOD op jou pad bring en jy moet gereed wees daarvoor! Lees weer hierdie verse hierbo uit Efesiërs 5. Let op dat Paulus ons vermaan om versigtig te lewe. Nie alle mense tree verstandig op in elke situasie nie. Jy moet ook leer om te luister wat die wil van die HERE vir jou lewe is. Die Heilige Gees sal jou altyd lei as jy bereid is om te luister – lees die die Woord, bid gereeld en sien uit met verwagting dat die beste geleenthede kom (Efes. 6:18).

“Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.” (Gal. 6:10) 

 Jy gaan dalk vandag net één keer by iemand verbystap teenoor wie jy ’n daad van vriendelikheid of  liefde kan bewys....maak die beste gebruik van die geleentheid!

As die Gees jou lei om iemand te bel of te kontak – doen dit dadelik, want die geleentheid gaan dalk nie weer kom nie. Ons moet mekaar bemoedig, aanspoor en ondersteun in die tye waarin ons nou leef – doen goed aan mekaar!

Bid vir die Christene oor die hele wêreld wat deur swaar beproewing en vervolging gaan. Iewers is iemand besig om ook vir jou te bid. Jesus sê ons gaan vervolg word, maar dit is dan die geleentheid wat ons gaan kry om van Hom te getuig (Mat. 10:18) Raak sensitief viur wat in jou lewe gebeur – GOD het met alles ’n doel!

Gaan vandag en maak die beste gebruik van elke geleentheid!

Maak die beste gebruik van elke geleentheid!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles