Woensdag 22 Julie - Sloegters
1) L Smith 37, 2) G Hunt 36, 3) L Hattingh 30, 4) R Roux 25
G Hunt wen 2 naaste aan die penne.
Vrydag 24 Julie - Hoender
Hierdie week was daar slegs 2 malles wat gespeel het!
D de Kock het die OK-prys (Dankie aan OK vir julle ondersteuning!) voor L Hattingh se neus weggeraap!
Dick het ook 'n spog 2 behaal en die naaste aan die pen gewen.
Saterdag 25 Julie - Houe Spel
1) D de Kock 67 (Met 'n pragtige 75 bruto!), 2) S Neethling 69, 3) D vd Merwe 71, 4) P Loubser 71
J Coetzee behaal 'n spog 2. Naaste aan die penne word gewen deur B Swart en J Nell.
Die installasie van die besproeiing op die skoonvelde vorder fluks. Baie geluk aan Oom Sid vd Vyfer en sy span. Een van die dae gaan ons skoonvelde net so goed wees soos ons setperke! Baie dankie ook aan Kat Myburgh en sy span vir hulle bydrae tot hierdie projek.
Sonder hulle sou hierdie projek nooit werklikheid kon word nie!
ONTHOU 6 Aug 2015 AJV om 15h30
Nominasiebriewe by klub beskikbaar.
Die Steak-aand is op 31 Julie (My datum was verlede week foutief - jammer!) - plaas julle bestellings by die klub!!!
GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441 Fax: 028 384 1225
E-mail: gbgholf@gmail.com