Galjoen / snoek

Galjoen / snoek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar was jare terug geen beperking op die grootte en selfs die aantal galjoen gevang nie. Ek vra lesers om hierdie rubriek in konteks te lees en die herinneringe saam te geniet. Onthou dat ons daardie jare geen benul gehad het hoe ons vangste die toekoms sou beinvloed nie, en miskien was dit onkunde maar ons het nie eers daaraan gedink nie  --  moet ons nie vreeslik kwalik neem nie, die baie vis is gevang sonder kwaadwilligheid.

Ons het baie jare in Blouberg gaan vang en menige aande is op die strand deurgebring. Die sloepie is vooraf uitgesoek en ons het sommer ‘n gat in die sand gegrawe en wanneer die vis nie byt nie, heel aangenaam daar geslaap. Vir my is die galjoen daar, groter en witter as enige ander vangplek én die lewendigste  --  van my lekkerste hengeldae.

Nou kom ons by Stilbaai, Puntjie en Blombos. Ek weet dat baie van ons plaaslike hengelaars nog steeds daar gaan vang, maar ek twyfel of omstandighede nog dieselfde is. Ek en my oorlede pa het gereeld op Blombos gaan vang en ek wil graag vertel wat een keer gebeur het  Ons het saam ‘n streepsak (amper) vol galjoen gevang en daar is mos daardie vreeslike steil bult om uit te klim. My pa se woorde aan my: “Nee wat, ek is nou klaar met hengel, vat maar alles vir jou”.Toe ek met die allemintige sak vis uiteindelik bo uitkom na ’n vreeslike gesukkel om  die kruin te bereik het my pa  heel gerieflik bo gesit met ‘n koffie in die hand en, het hy gesê, “Gooi maar my galjoen hier eenkant!” Ek het maar so gemaak en dit wys net dat wysheid (syne!) met ouderdom kom.

Op Puntjie het ons by Bakkies en sy vrou gaan kuier en wat my altyd sal bybly is die vreeslike vet galjoene wat ons daar gevang het. Jy moes die ekstra vet eers met ‘n koppie afskep (ek oordryf nie) en dan was daar genoeg onder die pensvel om ‘n lui kool ewigdurend te laat vlam. Ons het  die vuurtjie tussen die rietbulhuisies gemaak en met die see hier langs jou en met die aand wat begin nader staan, rustig gekyk hoe die groot rooster sukkel om die galjoen wat oral uitpeul in toom te hou. Met ‘n vriendelike biertjie in die hand, wat meer wil jy hê?

Op Stilbaai, met my skoonouers wat ‘n plaas daar besit het, het ek van my beste dae beleef. Dit was weer Bakkies wat saam met my see toe is vir daai groot galjoene. Op Blouberg was die norm, ‘n stok van 10 voet en ‘n 1.o-hoekie. Ideaal vir daar, maar toe Bakkies my hengeltoerusting sien moes ek hoor, “Nou wat wil jy met daardie hoekies vang?” Ek het my hoeke vervang met grotes wat gegrens het aan klein kabeljouhoeke. En dankie tog, daai ou grotes hardloop weg met jou!

Spasie is die probleem, ons kan nog sommer lank en lekker gesels.

Groot snoek het weer buite Gansbaaihawe uitgeslaan, hoewel nie in groot getalle nie. Ek dink dis die baie ansjovis wat nou gevang word wat hiervoor verantwoordelik is, maar ook dat die snoek dikgevreet is en daarom nou nie behoorlik wil byt nie. Saterdag het dit maar so-so gegaan en Maandag ietsie beter, kom ons kyk wat die res van die week lewer.

Groete, Seemeeu

Galjoen / snoek

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles