OBK se 4de Interprovinsiaal

OBK se 4de Interprovinsiaal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Overberg Bootklub is vanjaar vir die 4de keer die trotse aanbieders (en gasheerklub) van die “WPDSAA Bottomfish” Interprovinsiale Kompetisie te Kleinbaai. Op die spel is die jaarlikse gesogte Goue Medalje, wat elke span se droom is. Die prestige Openingsfunksie is op Dinsdag, 4 Augustus 2015 aangebied, waar die spanne en hul skippers bekendgestel is.

Hulle spog ook met ‘n Dame WP-span wat vir die eerste keer in 20 jaar aan hierdie kompetisie sal deelneem. Ses spanne sal hengelsake vanjaar vanaf Donderdag tot Saterdag (6 tot 8 Augustus 2015) op see uitspook.

Die onderskeie spanne is WP Seniors, WP Dames, WP Juniors, Oostelike Provinsie, Barbarians en Suid-Kaap Juniors.

“Ons is baie trots op drie van ons hengelaars wat by die WP-spanne ingesluit is,” sê DP Burger, voorsitter van die Overberg Bootklub.

“Baie geluk aan Amanda van Staden (Kapt) en Juanita van Zyl, asook Werner van Zyl wat onderskeidelik in die WP Dame- en WP Junior-spanne ingesluit is.”

Tydens die funksie is Johanna Le Roux gevra om die nuwe naamplaat van die klub se saal, “Le Roux-Saal” te onthul.

Die saal is na haarself en haar oorlede eggenoot, wyle Gerrie Le Roux vernoem. Sterkte aan alle deelnemers.

Hardus Botha

(Foto’s: Johan van Zyl)

OBK se 4de Interprovinsiaal

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles