Once in a Blue Moon

Once in a Blue Moon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vrydagaand, 31 Julie 2015 was dit letterlik “Once in a Blue Moon” en nie spreekwoordelik nie. Vir diegene wat dit aanskou het - dit was ‘n pragtige verskynsel. Hierdie seldsame “blou” volmaan wat gesien kon word, word deur sterrekundiges as ‘n “blou maan” beskryf wanneer ‘n vierde volmaan in een van die vier seisoene verskyn, naamlik somer, winter, herfs of lente.

Die Engelse verwys na “once in a blue moon” wanneer iets baie, baie selde gebeur en dit is juis wat op 31 Julie vanjaar die geval was. Die onderskeie seisoene is elk drie maande lank, met ‘n volmaan vir elke maand. Die “blou maan” kom voor wanneer een van die seisoene, soos vanjaar hier by ons in die winter, ‘n vierde volmaan het. ‘n Meer algemene verduideliking van so ‘n “blou maan” is eenvoudig ‘n tweede volmaan in dieselfde maand, wat vanjaar op 31 Julie die geval was.

“Die wetenskaplike verduideliking van ‘n letterlike blou maan, wat uiters selde voorkom, is wanneer lugbesoedeling, soos met ‘n vulkaniese uitbarsting of grootskaalse veldbrande, die weerkaatsing van die maan se ligstrale letterlik blou laat lyk,” verduidelik Wolfram Zwecker. “‘n Letterlike blou maan kan enige tyd voorkom, volmaan of nie, soos met die uitbarsting van Krakatoa in 1883 of die berg Pinatubo in 1991. Die blou skynsel van die maan kom van rookdeeltjies wat veroorsaak dat net blou liggolwe deurgelaat word en die maan lyk dan blou, soortgelyk aan rooi sonsondergange wat gesien kan word as die son wegsak en die strale deur die stof weerkaats word.” Dit is egter selde wat mense dieselfde idee het wanneer daar van ‘n “blou maan” gepraat word.

Om die volgende twee volmane in een maand te sien, sal gewag moet word tot 31 Januarie 2018 of 31 Maart 2018. (Bron: Webtuistes van Nasa en Timeanddate.com)

Hardus Botha

Once in a Blue Moon

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles