Gansies se Groot Dag

Gansies se Groot Dag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Gansies, gansies stap in ‘n ry; 1 2 3 hier kom ‘n gholfdag verby!”, lui die kleuters van De Kleine Gansies Kleuterskool se liedjie oor hulle groot en opwindende dag op Saterdag, 12 September 2015 by Gansbaai Gholfklub.

Dit is verseker ‘n Familiedag wat nie misgeloop moet word nie - ‘n Gholfdag, ‘n Damestee en ‘n Kinderdagsorg - alles in een. Alle fondse wat op dié dag ingesamel gaan word, word direk teruggeploeg in die kleuters van De Kleine Gansies. Gholfspelers kan uitsien na ‘n opwindende “4 Ball Better Ball Prefered Drive” teen R200 per speler, met vele pryse op die spel.

Registreer sommer vooraf by info@overbergonline.co.za of skakel Mariana Smal by 079-951-0455 vir navrae.

Die Damestee (High Tea) vanaf 10:00 tot 12:30 beloof ook pure opwinding. Hierdie geleentheid word deur Gansbaai OK Foods geborg, met Willene Sieberhagen van Chata Romano as gasspreker en haar tema is “‘n Nuwe Jy…” teen R150 per persoon, maar slegs 150 sitplekke is beskikbaar. Willene gaan onder andere fokus op aspekte soos hare en grimmering se regte kleure vir die gelaat, asook fundamentele kledingstukke vir die klerekas.

Verteenwoordigers van Annique, Justine, Avon en Corra’s sal ook teenwoordig wees en ook hier sal pryse te wenne wees. Tee en koffie sal saam met verversings geniet kan word. Lise Bosman (076-767-4729) of Edna van der Linde (084-396-3306) kan vir kaartjies geskakel word, wat ook by Gansbaai OK Foods beskikbaar is.

Die derde been is die Kinderdagsorg vanaf 09:00 tot 13:00 teen R50 per kind (3-8 jaar) terwyl moeders die Damestee rustig kan geniet, met die kinders wat met aktiwiteite en verversingtjies besig gehou sal word.

Hier kan Lanita Marais by 028-384-1164 geskakel word. Laastens moet daar nie van die Hoender- of Gourmet Bief Burgers teen R35 vir middagete vergeet word nie. Wegneem burgers sal ook beskikbaar wees en Hanneke de Wet kan in hierdie verband geskakel word.

Die organiseerder van hierdie groot Gansie-dag is Gretha Hanekom en sy kan by 084-941-2276 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by groenfontein@b360connect.co.za.

Onthou van De Kleine Gansies se Groot Dag op Saterdag, 12 September 2015 by Gansbaai Gholfklub.

Hardus Botha

Gansies se Groot Dag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles